Abstract

Die publikasie van twee verskillende uitgawes van die Bybel in Afrikaans is 'n resente aanduiding van die kontroversiële posisie van die Ou Testament in die Bybel. Onderliggend aan die aandrang op 'n afsonderlike uitgawe van die Bybel in Afrikaans is die oortuiging dat die waarde van die Ou Testament eintlik lê in die heenwysings, voorspellings, sinspelings en profesieë wat dit bevat ten opsigte van Jesus Christus. Vervolgens die probleemstelling wat in hierdie bydrae ondersoek gaan word: Wat is die waarde van die Ou Testament as deel van die kanon van die Christelike kerk? Die binêre teenoorstelling van begrippe (wet: evangelie; belofte: vervulling; kontinuïteit: diskontinuïteit) om die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament te beskryf, deug nie meer om die verhouding effektief te beskryf nie. 'n Alternatiewe moontlikheid vir die waardering van die Ou Testament word voorgestel wat kortliks daarop neerkom dat die Ou Testament gelees moet word as 'n verhoudingsboek wat primêr handel oor God en mens wat in 'n verhouding met mekaar, ander en die skepping staan.

Highlights

  • The Old Testament as a book of relationships: A reflection on the value of the Old Testament On 29 November 2020, a new translation of the Bible in Afrikaans was launched

  • In ’n buitengewone stap het die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) besluit om twee weergawes van die 2020-vertaling te publiseer

  • Die binêre teenoorstelling van begrippe om die verhouding tussen Ou en Nuwe Testa­ ment te beskryf, deug nie meer om die verhouding weer te gee nie. ’n Alternatiewe moontlikheid vir die waardering van die Ou Testament word dan voorgestel wat kortliks daarop neerkom dat die Ou Testament gelees moet word as verhoudingsboek waarin dit primêr handel oor God en mens wat in verhouding met mekaar, ander, en die skepping staan

Read more

Summary

INLEIDING

Op 29 November 2020 is die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans by ’n geleentheid in Bloemfontein amptelik bekendgestel en in gebruik geneem. In die ander uitgawe word instellings en/of persone/karakters in die Ou Testament wat Christologies geïnterpreteer word, as verwysende na Jesus Christus deur middel van hoofletters aangedui. Die verskyning van ’n nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans in twee verskillende uitgawes is dus ’n geleentheid om (weer) te besin oor die waarde van die Ou Testament as deel van die kanon van die Christelike kerk. Onderliggend aan die aandrang op die afsonderlike uitgawe van die Bybel in Afrikaans lê die oortuiging dat die waarde van die Ou Testament eintlik lê in die heenwysings, voorspellings, sinspelings en profesieë wat dit bevat ten opsigte van Jesus Christus. Die vraag wat hierdie uitgangspunt onmiddellik oproep is: hoe gemaak met die oorgrote deel van die Ou Testament wat nie geïnterpreteer kan word as heenwysings na of voorspellings van Jesus Christus nie? Die vraag wat hierdie uitgangspunt onmiddellik oproep is: hoe gemaak met die oorgrote deel van die Ou Testament wat nie geïnterpreteer kan word as heenwysings na of voorspellings van Jesus Christus nie? Kortom, waarin lê die waarde van die Ou Testament vir die kerk? Lê die waarde van die Ou Testament vir die Christelike kerk hoofsaaklik of selfs eksklusief in die heenwysings na Christus, óf het die Ou Testament meer waarde anders as om net ’n voorspellingsboek ten opsigte van Jesus Christus te wees?

PROBLEEMSTELLING EN METODOLOGIESE OORWEGINGS
Die Ou Testament as die Bybel van die kerk
Marcion
Von Harnack
Bultmann
Die Ou Testament behou as deel van die kanon van die kerk
DIE OU TESTAMENT AS VERHOUDINGSBOEK WAT GOD BEKENDSTEL
Die Ou Testament
God in verhouding met Israel as sy volk
God in verhouding met indiwidue
God in verhouding met ander volke
God in verhouding met die skepping
Die mens in verhouding met God
Die mens in verhouding met mense
Die mens in verhouding met vreemde mense
Die mens in verhouding met die skepping
Die Ou Testament in verhouding met die Nuwe Testament
DIE POSISIE VAN DIE OU TESTAMENT IN DIE KANON
GEVOLGTREKKING
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call