Abstract

By die saamstel van vertalende woordeboeke tussen tale wat tipologies (en genealogies) verwant is, het die leksikograaf reeds te doen met 'n meerdoelige gebruiksinstrument wat, benewens semantiese ekwivalensie en 'n verskeidenheid ander linguistiese faktore, die pragmatiese behoeftes van die waarskynlike gebruikers in ag moet neem. In die geval van twee tale wat verskillende ortografieë gebruik, word daar 'n verdere dimensie toegevoeg, deurdat toegang tot die klanke en betekenisse van die vertaalekwivalent afgeskerm word deur n sisteem van simbole wat eers baasgeraak moet word. Om die "vreemde" taal meer toeganklik te maak, word 'n sisteem van transliterasie van die teikentaal in die ortografie van die bekende taal dan gebruik, sodat die noodsaaklikheid om die inheemse ortografie te bemeester, voorlopig uitgestel word. In hierdie artikel word die benutting van die romeinse ortografie in 'n Afrikaans-Japannese woordeboek onder die loep geneem, waardeur ook pragmatiese en linguistiese aspekte 'n rol speel. As agtergrond word 'n kort oorsig gegee van die inheemse skryfwyses van Japannees, te wete kanji,1 hiragana en katakana, asook die historiese aanloop tot die ontwikkeling van 'n romeinse transliterasiestelsel (roomaji), waarvan daar verskillende variante bestaan. Die Hepburn-sisteem, een van die roomaji-variante, is afgestem op, en word verkies deur, buitelandse leerders van Japannees, deurdat dit spesifiek leiding gee op die vlak van die uitspraak. Maar ook die Hepburn-sisteem word aangepas by die behoeftes van verskillende gebruikersgroepe, ten einde die interpretasie van die teks fonologies en grammatikaal vir die leser te vergemaklik. Op grond van tipologiese, grammatikale, en veral fonologiese verskille tussen Japannees en Afrikaans is daar sekere keuses gemaak ten opsigte van spelling (veral by lang vokale) en skryfwyse (bv. die gebruik van koppeltekens), wat deur 'n aantal gebruiksvoorbeelde gemotiveer word. Wat die prosodiese verskille betref, het die keuse, op grond van leesbaarheidsoorwegings, geval op die gebruik van klankgrepe van uitspraak deur 'n moedertaalspreker wat by wyse van 'n hiperskakel vir elke woord wat deur n lemma voorgestel word, gehoor kan word.

Highlights

  • Japanese utilises various systems of writing, but the most general and default form is the logographic writing system, which is based on Chinese

  • In addition to the abovementioned writing systems, Japanese is written in the roman alphabet

  • In Japanese, the systems are collectively known as roomaji [rɔ:madZi], and all Japanese already learn at primary school level to use one of the systems, in particular Kunrei-shiki. (In translating dictionaries a choice for a specific system is normally done, mostly for Hebon-shiki, or adapted versions, for reasons to be discussed shortly.) In short, romanised Japanese is used predominantly to make texts accessible to non-Japanese foreigners, while the logographic-cum-syllabic system is used by Japanese among themselves

Read more

Summary

INLEIDING

Oor die kenmerke van vertalende woordeboeke is daar al heelwat geskryf in die metaleksikografiese literatuur. Gouws (1996:14) wys byvoorbeeld daarop dat vertalende woordeboeke meerdoelige gebruiksinstrumente is “met ’n hoër inligtingslading as net die aanbieding van vertaalekwivalente”, en verwys na drie maatstawwe (of aspekte) waarvolgens sulke woordeboeke beoordeel word, t.w. die gebruikersaspek, die linguistiese aspek en die empiriese aspek (Kromann et al 1991). In hierdie artikel is die fokus op die linguistiese, en meer spesifiek ’n ortografiese, aspek vann vertalende woordeboek tussen Afrikaans en Japannees, waarvan die publikasie voorsienbaar in die loop van die huidige jaar sal plaasvind. Die ortografiese aspek het hierby spesifiek betrekking op die transliterasie van die inheemse Japannese skrif in die romeinse alfabet, en die linguistiese oorwegings wat die keuse van bepaalde vorme beïnvloed het. Die feit dat die twee betrokke tale tipologies, genealogies en geografies waarskynlik so ver van mekaar verwyderd is as wat moontlik is op hierdie planeet, bring bepaalde uitdagings mee om optimale toeganklikheid vir Afrikaanse gebruikers te verseker. Dié uitdagings het gelei tot besluite oor die spelling en skryfwyse van Japannese woorde wat in die romeinse alfabet geskryf word – dit vorm die basis van hierdie artikel

GEBRUIKERSGERIGTE ASPEKTE
DIE SKRYFWYSES VAN JAPANNEES
HISTORIESE AGTERGROND
OORWEGINGS BY DIE GEBRUIK VAN ROOMAJI
VERSKILLE TUSSEN DIE TALE
Tipologiese verskille
Grammatikale verskille
Fonologiese verskille
Ortografiese verskille
DIE ROL VAN TAALKUNDIGE KATEGORISERING BY DIE KEUSE VAN ROOMAJI-VORME
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call