Samenvatting Om te toets of die twee kenmerke waarvolgens die frekwensies in 'n gebeurlikseidstabel opgestel is onafhanklik is, word gewoonlik 'n X2 toets gebruik. In die opstelling van so 'n toets word die totale frekwensie as vas beskou. In hierdie artikel word aangetoon hoe 'n X2‐toets nog gebruik kan word wanneer die steekproefneming voortgesit word totdat 'n vooraf vasgestelde frekwensie in een selbereik word. Die totale frekwensie is dan 'n stogastiese veranderlike. Die eienskappe van die randverdelings van 'n negatiewe multinomiaalverdeling word gebruik om die parameters wat in die X2‐verdeling optree te skat.