A phytosociological survey according to the approach and methods of the Zürich–Montpeillier school was carried out on the Karoo Nature Reserve, Graaff-Reinet, South Africa. The study area is 160 km 2 in extent, and climatically it falls within the semi-arid zone. The complex climatological, geological, soil, vegetation and land-use gradients are emphasized. Eleven natural plant communities are recognized, reflecting a gradient from the warm, xeric conditions of the pediments to the cool, mesic conditions of the mountain ridges and plateaux. An hierarchical classification of the communities has been prepared, with the first division, corresponding roughly to the level of order, dividing the vegetation into Shrubland, Succulent Thicket and Dwarf Shrubland. The Shrubland is further divided into Open Shrubland on rocky slopes, Open Shrubland on dolerite upland and Grassy Open Shrubland. The Dwarf Shrubland is divided into grassy, succulent and degraded forms. ’n Fitososiologiese opname, waarin gebruik gemaak is van die benadering en metodiek van die Zürich–Montpellier-skool, is uitgevoer in die Karoo-Natuurreservaat, Graaff-Reinet, Suid-Afrika. Die klimaat is semi-aried en die studiegebied is 160 km 2 in oppervlakte. Die komplekse gradiente in klimaat, geologiese struktuur, gronde, plantegroei en bodembenutting word beklemtoon. Elf natuurlike plantgemeenskappe, wat die gradiënt van die warm, droë toestande van die vlaktes na die koel, klam toestande van die bergrante en plato’s, word beskryf. ’n Hiërargiese klassifikasie van die gemeenskappe is voorberei. Die eerste skeiding, wat min of meer met die vlak van orde ooreenstem, het die plantegroei in Struikveld, Sukkulente Bosveld en Dwergstruikveld ingedeel. Die Struikveld is verder in Ope Struikveld van die klipperige Randjies, Ope Struikveld van die Doleriet-hoogland en Grasagtige Ope Struikveld onderverdeel. Die Dwergstruikveld is in grasagtige, sukkulente en versteurde vorms ingedeel.