For most plant communities on Marion Island (47°S, 38°E), mineralization of the large reserves of organic matter is the main process supplying nutrients for plant growth. However, due to the constantly low temperature, soil acidity and waterlogging, rates of nutrient release mediated by microorganisms alone are too low to account for the amounts taken up by the vegetation. Microcosm studies showed that the rate of inorganic nutrient release from plant litter is generally enhanced by moth larvae, earthworms, weevil larvae and adults, snails and slugs. Overall, moth larvae and slugs exerted the greatest influence across all nutrients tested (nitrogen, phosphorus, calcium, potassium, magnesium and sodium), although the effect was most consistently significant for nitrogen and phosphorus. The influence of the other invertebrate species was mostly limited to particular animal/nutrient combinations, which were fairly consistent across litter types, e.g. earthworms for nitrogen and phosphorus, snails for calcium and weevil adults for potassium. These findings suggest that, by ‘short-circuiting’ the slow microbially mediated mineralization of nutrients from organic matter, soil invertebrates are important agents of nutrient cycling on the island. Die meeste plantgemeenskappe op Marioneiland (47°S, 38°O) is vir hulle voedingstowwe van mineralisasie van die groot organiese reserwes afhanklik. Weens die voortdurend lae temperature, die suurheid en die waterdeurdrenktheid van die grond, kan die vrystelling van voedingstowwe a.g.v. mikroörganisme-aktiwiteite nie die hoeveelhede verklaar wat deur die plante opgeneem word nie. In isolasiehouers (mikrokosmosse) is aangetoon dat motlarwes, erdwurms, kalanderlarwes en -volwassenes, slakke en naakslakke, die vrystelling van anorganiese minerale uit plantreste versnel. Motlarwes en slakke het oor die algemeen die grootste bydrae tot die vrystelling van alle voedingstowwe (stikstof, forfor, kalsium, kalium, magnesium en natrium) gelewer, alhoewel die effek deurentyd vir stikstof en fosfor die beduidendste was. Die invloed van die ander invertebrate was hoofsaaklik tot spesifieke dier/voedingstofkombinasies beperk wat redelik konstant was vir al die plantreste — erdwurms het veral stikstof en fosfor vrygestel, terwyl slakke veral kalsium en volwasse kalanders veral kalium vrygestel het. Die bevindinge het aangedui dat invertebrate belangrike agente in voedingstofsiklusse op die eiland is deurdat hulle die stadige mikrobiologiese mineralisasie ‘kortsluit’.
Read full abstract