Abstract

Watersnake stories in Afrikaans: The relevance of mythicity This article focuses on the reworking of the mythological motif of the water snake in Afrikaans literature. Water snake stories form part of the very first examples of Afrikaans texts in written form, whereas since the end of the twentieth century water snake symbolism has received renewed attention. The analyses of a selection of Afrikaans narratives are performed by utilising the concept of mythicity – a concept which can be defined as the conscious intention to probe the numinous dimensions of human existence by means of literature. The delicate balance between numinosity and narrativity is used as basis for the analysis and evaluation of the texts. The mythic potential of a narrative is not always fully realised, owing either to either restricting ideological and moralistic intentions or excessive association regarding the mythological symbol. The following texts are discussed: Jakob Platjie by G.R. von Wielligh (1917), Die eerste lewe van Adamastor by André P. Brink (1988), Meraai van Rolbos by Charlotte de Beer (1989) and Die donker melk van daeraad by George Weideman (1994). The texts are not, however, discussed in chronological order. The relevance of mythicity is specifically illustrated in the Weideman anthology with its positioning of water snake symbolism in a specific historical context whilst simultaneously exploring universal dimensions.

Highlights

  • In hierdie artikel word gefokus op die verwerking van die mitologiese motief van die waterslang in die Afrikaanse letterkunde

  • Die bundel verteenwoordig ’n ontginning van mitisiteit binne ’n Suider-Afrikaanse konteks, maar terselfdertyd word die waterslangsimboliek in verband gebring met mitologiese stelsels wat veel wyer strek as dié spesifieke historiese werklikheid

  • Uit die voorafgaande analises het geblyk dat selfs al sou die skrywer die doelbewuste intensie hê om die numineuse te deurgrond, dit nie noodwendig beteken dat dit binne die narratiewe dinamiek van die struktuurelemente van die teks so gebeur nie

Read more

Summary

Inleiding

Hierdie artikel sluit ten nouste aan by ’n verbandhoudende artikel in hierdie nommer van Literator, naamlik “Mitisiteit as basis vir vergelykende literatuurstudie, met verwysing na waterslangsimboliek.” In genoemde artikel is ’n teoretiese uiteensetting gegee van die funksionering van mitisiteit, hoofsaaklik aan die hand van ’n aantal sentrale begrippe wat direk daarmee verband hou. In hierdie artikel word die werking van mitisiteit op konkrete wyse geïllustreer deur die oorsigtelike analise van ’n aantal geselekteerde Afrikaanse waterslangverhale. Die relevansie van mitisiteit word bevestig waar die waterslangsimboliek op geslaagde wyse voortgesit word; Die donker melk van daeraad deur George Weideman (1994) geniet die meeste aandag in hierdie verband. In die vorige artikel is vanuit teoretiese oogpunt nader ingegaan op die verskillende wyses waarop die verskraling van mitisiteit kan plaasvind, veral deur enersyds oormatige assosiëring rondom die simbool, en andersyds fiksering of inperking daarvan as gevolg van ideologiese en/of moralistiese doelstellings aan die kant van die skrywer. In die eersvolgende paragrawe word uiteengesit hoe verskillende Afrikaanse tekste, met waterslangsimboliek as gemeenskaplike mitologiese motief, mitisiteit op mindere of meerdere geslaagde wyse na vore laat tree. In die laaste afdeling (3) word ’n aantal gevolgtrekkings gemaak, asook voorstelle vir verdere ondersoek

Teksontledings: spesifieke funksioneringswyses van mitisiteit
Gevolgtrekkings
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call