Abstract

'n Diskoersperspektief oor possessiewe uitdrukkings (soos John's car, the president's assassination, last year's election, ensovoorts) in Engels is aangebied. Daar is geredeneer dat die genitiewe nominaal soos 'n soort topic fungeer deurdat die konstruksie se hoofnaamwoord ‘gegrondeer’ word deur die vasstelling van 'n verwysingspunt vanwaar die referent van die hoofnaamwoord makliker geidentifiseer kan word. 'n Databasis van 240 uitdrukkings geneem uit verskillende tekstipes het die hipotese volledig bewys. Die feit dat die voorkoms van possessiewe uitdrukkings grootliks verskil het na aanleiding van die tekstipe het die spekulasie geregverdig dat kommunikasiesituasies (veral: gesproke versus geskrewe) verskil met betrekking tot die noodsaaklikheid van nominaalgrondiering.

Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call