Abstract

Visuele kunstenaars, uitvoerende kunstenaars en literêre kunstenaars het mekaar oor die eeue heen geïnspireer. Jonckheere (1989) noem dit 'n oeroue verbintenis en Vanbrussel (1972) is van mening dat die produk wat geskep word vanweë die inspirasie as 'n tipe vertaling, transponering en ondersoek na dieper betekenis beskou moet word. Die poësiefilm as 'n vorm van 'n vertaling van die woordteks na 'n beeldteks, kan benader word as 'n hibriede, trans-dissiplinêre en multimodale kunsvorm wat die poësie en film met mekaar verbind. In die besonder geanimeerde poësiefilms bied 'n vrugbare ontdekkingsveld vir die verkenning van multimodale metafore. Die draai van die millennium het 'n toename in die belangstelling in die ondersoek van multimodale kommunikasie met betrekking tot die onderskeie semiotiese modusse teweeggebring. Forceville (2015) is van mening dat animasiefilms ideaal is vir die ondersoek van beeldskemas wat op multimodale metafore betrekking het. Die keuse van die poësiefilm as toepassingsdomein stel in die vooruitsig dat kennis ontwikkel word met betrekking tot multimodale metafore in Jac en Wessel Hamman se poësiefilm van DJ Opperman se "Stad in die mis".

Highlights

  • Kress and Van Leeuwen (2001) define multimodality as “[t]he use of several semiotic modes in the design of a semiotic product or event”

  • Animated poetry film is a goldmine for discovering, amongst others, multimodal metaphors, because it uses a vast variety of creative modes of meaning-making modes

  • It is well-known that conventional researchers of the Conceptual Metaphor Theory (CMT) limit their studies mainly to the conceptual metaphor as a verbal-linguistic expression

Read more

Summary

Inleiding

Oor die eeue heen het visuele kunstenaars, woordkunstenaars en uitvoerende kunstenaars mekaar wederkerend geïnspireer. Die analise van multimodale diskoers betrek as sodanig gedetailleerde inligting wat elkeen van die betrokke modusse (visuele beeld, gebare, gesproke en geskrewe taal, klank, musiek en so meer) in die boodskap oordra. In hierdie artikel word die poësiefilm as ’n multimodale vertaling/transponering van ’n gedigteks na ’n geanimeerde poësiefilm verken, met spesifieke verwysing na Jac en Wessel Hamman se poësiefilm van DJ Opperman se gedig “Stad in die mis” (Filmverse II, 2016); daar word nagegaan in welke mate die multimodale metafore geïdentifiseer, ontleed en gekategoriseer kan word. ’n Oorsig oor die kernkonsepte ter sprake word eers gegee, waarna die konseptuele metafore in Opperman se gedig, “Stad in die mis” bespreek word en laastens word die multimodale metafore in die gelyknamige geanimeerde poësiefilm (Hamman & Hamman in Filmverse II, 2016) ondersoek

Multimodaliteit
Poësiefilm
Semiotiese metafoor
Multimodale metafooridentifikasieproblematiek
Metodologie vir multimodale metafooranalise
Analise
Samevatting
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call