Abstract

Na die onafhanklikheidswording van Namibië het politici, akademici en die plaaslike bevolking in die taalbeleidskwessie betrokke geraak. Feitlik geen empiriese data het bestaan waarop argumente wat tot beleid lei gebaseer kon word nie, en aangesien meer as 50% van die bevolking in die ontoeganklike oorloggeteisterde noordelike gebiede woonagtig is, was die behoefte aan empiriese sosiolinguistiese navorsing duidelik. In hierdie artikel word die resultate van verkennende sosiolinguistiese navorsing in Owamboland aangebied. Weens enkele onverklaarbare diskrepansies was al die resultate nie heeltemal betroubaar nie, maar algemene tendense wat deur onafhanklike kruiskontroles bevestig word, kon geídentifiseer en benut word vir taalbeplanning in Namibië.

Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call