Abstract

Party nieregeringsorganisasies (NRO's) help werklose mense om in diens geneem te word of om vir hul eie sak te werk. Sulke NRO's bied gewoonlik opleiding en ondersteuning aan werklose mense met die doel om hulle vermoë te ontwikkel op terreine waar hulle dit dalk nodig het. Die doel van hierdie verkennende navorsing was om te bepaal hoe geskoolde en hooggeskoolde werklose persone wat by 'n NRO in Pretoria, Gauteng, betrokke is, hulle eie vermoë sien om hulle indiensneembaarheid en selfwerksaamheid te verbeter. Die kapasiteitsbenadering van Sen en van Kolbe is in hierdie studie as teoretiese raamwerke gebruik, soos ook interpretativisme, fenomenologie en 'n kwalitatiewe navorsingsmetode. Twee semigestruktureerde fokusgroeponderhoude is gebruik om inligting van die deelnemers te bekom. Die bevindinge kan in drie hooftemas saamgevat word, naamlik die kognitiewe, of denke (selfbeeld, nuwe denke en vaardighede); die affektiewe, of emosies (motivering, negatiewe emosies ten opsigte van verhoudings); en strategieë om kapasiteit te bou (erkenning van vorige leer en werkskaduwing). Die konatiewe (strewe, gedrag) as deel van Kolbe se teorie is nie in die narratiewe gevind nie. Op grond van die navorsingsbevindinge en die literatuur is 'n raamwerk saamgestel om die "hoe" (watter strategieë) en die "wat" (watter kapasiteit) van kapasiteitsontwikkeling van geskoolde en hooggeskoolde werklose persone uit te lig.

Highlights

  • OPSOMMING Party nieregeringsorganisasies (NRO’s) help werklose mense om in diens geneem te word of om vir hul eie sak te werk

  • Die kapa­ siteitsbenadering van Sen en van Kolbe is in hierdie studie as teoretiese raamwerke gebruik, soos ook interpretativisme, fenomenologie en ’n kwalitatiewe navorsingsmetode

  • Die begeerte het om te werk en om in diens geneem te word of selfwerksaamheid te onderneem

Read more

Summary

INLEIDING

Werkloosheid is al twee dekades lank ’n krisis en een van die grootste sosio-ekonomiese uitdagings in Suid-Afrika (Schüssler 2017:1; Meyer & Synodinos 2019:2). Werkloosheid kan dui daarop dat ’n persoon die vermoë het om besoldigde werk te doen, maar om die een of ander rede nie ’n werk kan kry nie (Moffatt 2020:10). Hierdie studie fokus op die werkloosheid van geskoolde en hooggeskoolde persone. Vir die doel van hierdie studie is iemand wat hooggeskoold is, ’n gegradueerde of gedi­ plomeerde, en iemand wat geskoold is, ’n persoon wat graad 12 geslaag het. Vir die doel van hierdie studie het kapasiteitsontwikkeling betrekking op die ontwikkeling van sowel ’n persoon as die benadering of strategie wat hom of haar kan help om in diens geneem te word of self werk te skep (selfwerksaamheid). Volgens Boshoff en Fraser (2012:5) en Roos (2018:89) is dit belangrik dat die indiensneembaarheid van persone wat werk soek, verbeter moet word deur hulle byvoorbeeld sekere vaardighede te laat aanleer. Mowforth en Munt (2015:25) dui aan dat selfwerksaamheid beteken dat ’n persoon vir homself of haarself werk en dat die vergoeding en wins direk daardie persoon toekom

PROBLEEMSTELLING
NAVORSINGSVRAAG
TEORETIESE RAAMWERKE
LITERATUURSTUDIE
Doel van die navorsing
Navorsingsoriëntasie en -metode
Deelnemers
Betroubaarheidsaspekte van data
Etiese oorwegings
BEVINDINGE EN BESPREKINGS
Selfbeeld
Nuwe denke
Vaardighede
Motivering
Negatiewe emosies ten opsigte van verhoudings
Hantering van depressie en moedeloosheid
Erkenning van vorige ervaring
Werkskaduwing
AANBEVELINGS
LEEMTES
10. SAMEVATTING
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call