Abstract

This paper examines the relevance and validity of the Truth and Reconciliation Commission’ s Christian leitmotiv in relation to the victim hearings. It is suggested that the Commission’ s emphasis on religious themes such as the search for truth, the confession of guilt, forgiveness by victims and in the final instance the promise of redemption, reconciliation and transformation may facilitate the emergence of “moral elitism” or lead to the erroneous belief that a consensus morality dictating the transformation discourse exists. In this role, it can be said that the Commission has become simulacrum for the only way through which the truth about apartheid and redemption could be found. The religious “authority” assumed by the Commission provided the necessary legitimacy to dictate to perpetrators and victims on a very personal level. The author warns that the Commission’ s religiously inspired transformation rhetoric hides ambitious political motives that try to accomplish too much, too soon.

Highlights

  • Tydens die voorbereiding van die Finale Verslag van die Waarheidsen Versoeningskommissie, verskyn daar in die Sunday Independent van 2 Augustus, 1998, ‘n kort kommentaar oor die werksaamhede van die Kommissie, geskryf deur die destydse Chileense ambassadeur in Suid-Afrika, Jorge Heine

  • This paper examines the relevance and validity of the Truth and Reconciliation Commission’s Christian leitmotiv in relation to the victim hearings

  • Biskop Tutu, een van die Kommissie se grootste rolspelers, en oënskynlik die dryfkrag agter die Kommissie se beklemtoning van die religieuse, benadruk die rol van godsdiens as ‘n kernbestanddeel in die Suid-Afrikaanse nasie se genesingsproses (Botman & Peterson 1996:8): Religion is central to the process of healing

Read more

Summary

INLEIDING

Tydens die voorbereiding van die Finale Verslag van die Waarheidsen Versoeningskommissie (hierna “Kommissie”), verskyn daar in die Sunday Independent van 2 Augustus, 1998, ‘n kort kommentaar oor die werksaamhede van die Kommissie, geskryf deur die destydse Chileense ambassadeur in Suid-Afrika, Jorge Heine. Biskop Tutu, een van die Kommissie se grootste rolspelers, en oënskynlik die dryfkrag agter die Kommissie se beklemtoning van die religieuse, benadruk die rol van godsdiens as ‘n kernbestanddeel in die Suid-Afrikaanse nasie se genesingsproses (Botman & Peterson 1996:8): Religion is central to the process of healing. Die oogmerk van hierdie kort aantekening is om ‘n paar vlugtige filosofiese opmerkings en vrae oor die Kommissie se religieuse leitmotiv, soos dit in die slagofferverhore benadruk is en via die media die publiek bereik het, te stel. Die relevansie van hierdie tema word onderstreep deur bydraes soos die van Ferdinand Deist (1997:1-5) wat die Christelike vergifnis- en waarheids-tema met verwysing na die Kommissie as wegspringplek gebruik vir ‘n oproep tot die Christelike Kerk om tot die nasionale helingsproses by te dra. Vir die doeleindes van hierdie kort aantekening sal volstaan word met ‘n paar gedagtes oor die religieuse aard van die Kommissie. Die inherente gevaar verbonde aan hierdie benadering is dat dit kan lei tot ‘n soort “morele elitisme”, naamlik dat voorkeur gegee word aan een primêre morele perspektief wat as ‘n sogenaamde “konsensusmoraliteit” (Warnock 1992:5) die toon vir transformasie moet aangee

DIE “WAARHEID” – PAD NA VERLOSSING?
VERGIFNIS EN VERSOENING
DIE KOMMISSIE AS SIMULACRUM
SLOTSOM
Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call