Abstract

Uittreksel Die verwantskappe tussen die langtermyn gemiddelde reënval en die langtermyn weidingskapasiteit van die droë dele (reënval 100 tot 560 mm per jaar) van Suid‐Afrika word ondersoek. Die weidingskapasiteitsones soos deur die Departement Landbou aanbeveel word, is as produksiemaatstaf gebruik. Met behulp van reënvalrekords is die gemiddelde lantermyn reënval vir die onderskeie weidingskapasiteitsones bereken. Die verwantskap tussen gemiddelde reënval en gemiddelde weidingskapasiteit is sterk positief gekorreleer (r = +0,918 tot r = +0,988) en word goed beskryf deur regressievergelykings van die tweede‐ en derdegraad. Die moontlike gebruik van die verwantskappe word bespreek.

Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call