Two experiments were conducted in the laboratory to determine leaching losses from submerged mangrove leaves: the first, on freshly-picked and air-dried senescent Avicennia marina (Forrsk.) Vierh. leaves submerged in water of different salinities (16 and 32‰) for up to 14 days; the second, on freshly-picked senescent leaves of A. marina and Bruguiera gymnorrhiza (L.) Lam. submerged in water of 16‰ for up to 7 days. In both experiments, loss of dry mass and changes in nitrogen, phosphorus, potassium and tannins of the leaves were monitored. In the initial experiment there was a mean loss in dry mass of 24.6% after 14 days. The chemical analyses revealed that, although there was no significant decline in nitrogen concentration, there were sharp decreases in the other constituents. The greatest total loss relative to the amount initially present in the litter was in potassium (83 – 95%), while the losses for phosphorus and tannins were 57 – 87% and 74 – 85%, respectively. In general, losses were greater at 16‰ than at 32‰, and air-dried leaves showed greater initial losses than fresh leaves. In the second experiment, trends in leaching losses of both species were similar to those of the first experiment. With the exception of nitrogen, the concentrations of phosphorus and potassium (expressed as percentage oven-dry mass) had decreased significantly after 6 h in both species, while the concentrations of tannins showed a significant decrease only after 24 and 48 h in A. marina and B. gymnorrhiza, respectively. This work has confirmed that significant losses take place in the leaf litter as a result of leaching. It is suggested that those losses could have important consequences for the estuarine ecosystem. Twee eksperimente is in die laboratorium uitgevoer om die logingsverliese uit ondergedompelde manglietblare te bepaal: die eerste, op varsgeplukte en luggedroogde verouderende blare van Avicennia marina (Forssk.) Vierh. wat tot 14 dae lank in water van verskillende soutgehaltes (16 en 32‰) gedompel was; die tweede, op varsgeplukte verouderende blare van A. marina en Bruguiera gymnorrhiza (L.) Lam. wat tot 7 dae lank in water met ‘n soutgehalte van 16‰ gedompel was. Die verlies aan droë massa en veranderings in stikstof, fosfor, kalium en tanniene van die blare is in albei eksperimente gemonitor. In die eerste eksperiment was daar na 14 dae ‘n gemiddelde verlies van 24% aan droë massa. Die chemiese ontledings het getoon dat hoewel daar geen betekenisvolle afname in stikstofpersentasies was nie, van die ander bestanddele skerp gedaal het. Die grootste totale verlies met betrekking tot die hoeveelheid wat aanvanklik in die afval teenwoordig was, was aan kalium (83 – 95%), terwyl die verliese vir fosfor en tanniene onderskeidelik 57 – 87% en 74 – 85% was. In die algemeen was die verliese groter by 16‰ as by 32‰ soutgehalte, en luggedroogde blare het groter aanvanklike verliese as vars blare getoon. In die tweede eksperiment was die neigings in logingsverliese by albei spesies soortgelyk aan die van die eerste eksperiment. Met doe uitsondering van stikstof, wat nie betekenisvolle verskille getoon het nie, het die konsentrasies van fosfor en kalium (uitgedruk as persentasie oondgedroogde massa) na 6 h betekenisvol afgeneem by albei spesies, terwyl die tannienkonsentrasies slegs na 24 h en 48 h by A. marina en B. gymnorrhiza, onderskeidelik, ‘n betekenisvolle afname getoon het. Hierdie werk bevestig dat betekenisvolle verliese as gevolg van loging in die blaarafval plaasvind. Hierdie verliese kan moontlik belangrike gevolge vir die ekosisteem van die riviermonding hê.