Abstract

WHO Appelliggaam Beslissing in United States - Certain Country of Origin Labeling Requirements: Erosie van Verbruikersbeskerming en Veiligheid, of is dit Noodsaaklik ten einde 'n Balans te Bewerkstellig Tussen Handelsregulering en Verbruikersbelang? Hierdie bydra oorweeg die bevinding van die Appelliggaam van die Wereldhandelsorganisaise (World Trade Organization) in die geval vanUnited States - Certain Country of Origin Labeling (COOL) requirements (US - COOL). Die kern oorweging is of die bevinding in die voormelde beslissing,neerkom op 'n erosie van verbruikersbeskerming en veiligheid, en of dit 'n noodsaaklike euwel is in 'n poging om 'n balans tussen handelsregulering en verbruikersbelange daar te stel. Die bevinding dien as bewys van die kompleksiteit van die interpretasie en toepassing van die Wereldhandelsorganisasie se ooreenkomste. Sommige van die interpretasies het die potensiaal om 'n positiewe of 'n negatiewe impak op verbruikersregte te he. Die betrokke bevinding van die Wereldhandelsorganisasie sit gedeeltelik die beskouing voort dat hierdie organisasie nie verbruikersbelange vooropstel nie. In 'n poging om 'n balans tussen die kompeterende benadering in handel aan die een kant, en verbruikersbelange aan die ander kant te handhaaf, het die betrokke bevinding die onvermydelike impak dat dit die vermoe van die staat om verbruikers tebeskerm, verswak het.

Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.