Abstract

Moulding of a man of God: an evaluation of international debates on pastoral training in the light of perspectives from 1 and 2 Timothy During the past 50 years a wide variety of discussions, re-flections and debates on theological education has been pu-blished. These debates and reflections were stimulated by the following factors: On the one hand there is an explosion of church growth in developing countries. On the other hand there is an alarming decline in church growth in developed countries. There is also deep concern about the lack of impact of church-es on the transformation of communities. Church leaders are often not succeeding in stimulating and equipping believers to be effective witnesses in the world. These factors have given rise to the question: How should theological education be re-structured to become a vital factor that leads to spiritual growth as well as growth in numbers of churches? Serious questions about the godliness and spirituality of church leaders, of pastors and seminary students are raised. This article evaluates inter-national tendencies in the light of principles and perspectives from Paul’s epistles to Timothy.

Highlights

  • Die afgelope 50 jaar word wêreldwyd breed en diep oor teologiese opleiding besin

  • Piper (1999:20) meen dat die tendens dat baie teologiese studieprogramme Spiritualiteit as ’n ekstra vak tot kurrikula toevoeg ’n hoopvolle teken is, maar tegelyk ook ’n aanduiding is van ’n kommerwekkende leemte

  • Baie van die nuwe besinning oor teologiese opleiding word gestimuleer deur dit wat in Christelike kerke aan die gebeur is – of in sommige plekke juis nie gebeur nie

Read more

Summary

Inleiding: wye internasionale besinning oor predikantsopleiding

Wanneer ’n mens bolangs die diskussies in teologiese en kerklike publikasies en selfs die gewone dagbladpers volg, is dit duidelik dat daar die afgelope vyf dekades steeds wyer en indringender opnuut besin en gepubliseer word oor teologiese opleiding (Cole, 2001:215; 2007:171; Ferris, 2001; Eliston, 1999; Haak, 1999; Hart & Mohler, 1996; Bosch, 1984; Woods, 1995; Wells, 1994; Kornfield, 1984: 169-221; Newbigin 1984:3-18; Conn, 1979:311-363; De Villiers, 1976; Schrotenboer, 1976:6-8; Covell & Wagner, 1971). Dit is bevindings wat teologiese opvoeders behoort te ontstel en hulle indringend te laat herbesin oor die versoening van godsvrug en Bybelse vroomheid met intellek en praktiese bedieningsvaardighede Behalwe die vele publikasies het verskillende organisasies soos teologiese akkreditasie organisasies, byvoorbeeld International Council for Accrediting Agencies (hierna ICAA) sedert 1980, na baie wye internasionale konsultasie, manifeste uitgereik waarin dringend gevra word vir herbesinning, vernuwing en verbetering van teologiese opleiding. In 1999 het 80 opleidingsinstansies uit 50 lande van die wêreld ’n konsultasie oor die kritieke nood aan predikantsopleiding in die ontwikkelende wêreld in Manilla gereël. Die Asiëstreek van World Reformed Fellowship het in April 2009 ’n konferensie in Jakarta oor die nood van relevante teologiese opleiding gereël, wat deur ongeveer 70 afgevaardigdes uit Sjina, Hong Kong, Taiwan, Indië, Sri Lanka, Singapoer, Korea, Mianmar, Nepal en die Filippyne bygewoon is. Hoogstens kan sekere tendense wat telkens in die diskussies en debatte voorkom, uitgelig en geëvalueer word in die lig van beginsels wat uit Paulus se briewe aan Timoteus afgelei sal word

Groei en verval van kerke en predikantsopleiding
Gebrek aan groei en missionale roeping na vernuwing in opleiding
Gebrek aan missionêre krag in kerke in die ontwikkelde wêreld
Paulus en Timoteus se toerusting
Die voorganger as man van God
Kernwaardes van die man van God
Enkele modelle in die praktyk
Nieu-Mexico-opleiding van CRC-predikante
Findings
Enkele gevolgtrekkings
Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.