Abstract

Sosiale onreg word op 'n daaglikse basis teenoor sowel enkelinge as groepe mense en gemeenskappe en selfs nasies gepleeg. In baie sodanige gevalle ervaar diegene teenoor wie die onreg gepleeg is oor lang tye emosionele pyn en word as gevolg daarvan die kliënte van beraders en terapeute. Die kernargument van hierdie artikel is dat heelwat van hierdie emosionele pyn en lyding voorkom kon gewees het indien mense van kleinsaf opgevoed (dit is, toegerus) was om te begryp wat die vra en die gee van vergifnis alles behels, ongeag of die oortreder om vergifnis vra of nie. As 'n mens die taak en funksie van skole deur die lens van die sosiale ruimte- en etiese funksieteorie bekyk, word dit duidelik dat skole as samelewingsverbande toevertrou is met onder meer die unieke funksie om jong leerders toe te rus om ook die ingewikkeldheid van die vra en die gee van vergifnis te kan bemeester. 'n Aansienlike deel van hierdie artikel word afgestaan aan 'n buitelyn van 'n vergifnisonderwysvakkurrikulum wat gevolg kan word deur onderwysers en ander opvoeders om hierdie toerustingsfunksie van die skool tot pedagogiese praktyk te maak.

Highlights

  • The rationale for including forgiveness education in the formal school curriculum can be explicated in terms of the social space and ethical function theory

  • Forgiveness and forgiveness education should occur in the social space resulting from the infliction of a social injury upon a person or group

  • Forgiveness education in turn should occur in the educational space provided by schools and other pedagogical settings

Read more

Summary

AGTERGROND EN AANLOOP TOT DIE VRAAGSTUK ONDER BESPREKING

Vir doeleindes van die argumentasielyn wat in hierdie artikel gevolg word, is uitgegaan van die aanname dat baie van die gevalle van diep emosionele pyn weens onreg, woede en onvergewensgesindheid wat in die spreekkamers van beraders en terapeute aandag ontvang, moontlik voorkom kon gewees het indien die betrokke pynlydendes reeds van ’n relatiewe jong ouderdom doelbewus onderrig in hoe om te vergewe ontvang het, met ander woorde deur opvoeding toegerus was om dit te kan doen. Om aan insidente van sosiale en persoonlike onreg ’n meer persoonlike kleur te gee, kan die volgende gevallestudies genoem word uit die gepubliseerde werke van pastorale werkers en terapeute wat te doen gekry het met die emosionele pyn wat die betrokke pynlydendes nie self kon hanteer nie. Dit is uit die voorgaande duidelik dat die tyd aangebreek het om vergifnisonderwys in die normale (gewone) skoolonderrigplan in te sluit ten einde leerders van jongs af te lei, help en toe te rus om te verstaan wat sosiale onreg is en wat dit beteken om onreg te vergewe of om om vergifnis te vra wanneer ’n mens ’n oortreding teenoor ’n ander gepleeg het. Die tyd het dalk aangebreek, in die lig van soveel sosiale onreg wat tans in Suid-Afrika en wêreldwyd gepleeg word, dat ’n veldtog van stapel gestuur word om dit as ’n beduidende deel van byvoorbeeld burgerskapsonderwys, lewensoriëntering of lewensvaardighede in die kurrikulum in te voer

DIE DOEL VAN HIERDIE ARTIKEL
TEORETIESE RAAMWERK
VERGIFNISONDERWYS
Kom tot die besef dat die onreg permanent van aard is
Verstaan dat vergifnis by jóú begin
Neem die aktiewe besluit om te vergeef
Besef dat om te vergewe beteken nie noodwendig dat ’n mens alles vergeet nie
Die einde van die pad: laat alles vaar
GEVOLGTREKKING
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call