Abstract

In hierdie artikel word die polifonie van tale in Kaar, Marlene van Niekerk se derde digbundel (2013), ondersoek. Standaardafrikaans en verskeie sosiolekte, dialekte en streeksvariëteite van Afrikaans word in die bundel gevind, asook leksikale items uit verskeie moeder- en sustertale van Afrikaans. 'n Aantal moontlike invalshoeke tot die bundel word eerstens bespreek. Die fokus verskuif dan na die verskeie tale in die bundel; die wyses waarop hulle gebruik word in die gedigte, word gelys in 'n uitgebreide Addendum. Die vraag word gestel waarom soveel items uit Afrikaans wat geëtiketteer word as onder meer "argaïes", "weinig gebruiklik", "verouderd" en "deftig" gebruik word om 'n heteroglossiese effek te skep. Die argument word gestel dat byna vergete items "losgemaak" word uit die vergetelheid en vir die leser opgehou word as lewende items om 'n verbygaande en verbygegane wêreld mee op te roep. Kommentaar word voorts gelewer oor die plek van Afrikaans binne en tussen hierdie polifonie van tale en 'n indirekte stelling word deur die digter gemaak dat Afrikaans se wortels in die Indo-Germaanse taalfamilie lê en nie in die Afrikatale nie. Ten slotte word Deleuze en Guattari (1986) se begrippe "majeur-" en "mineurtaal" deelteoreties gebruik om die register van talle gedigte in Kaar as 'n mineurtaal te verduidelik, 'n taal wat verby sy gewone morfologiese en sintaktiese grense gedruk word om te verseker dat die taal in 'n voortdurend nomadiese en dinamiese staat bly.

Highlights

  • ; Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 57 No 2-1: Junie 2017 doi.10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a9 from an ecocritical animal and botanical perspective plant and animal onomastics – especially the many examples of regional names for plants and animals – could be analysed; the themes of political involvement and resistance deserve thorough analysis

  • Die vraag word gestel waarom soveel items uit Afrikaans wat geëtiketteer word as onder meer “argaïes”, “weinig gebruiklik”, “verouderd” en “deftig” gebruik word om ’n heteroglossiese effek te skep

  • In hierdie artikel word daar, in aansluiting by die ensiklopediese aard van Kaar, ’n voorlopige ondersoek gedoen na die voorkoms van die polifonie van tale, oftewel heteroglossia, en spesifiek na die verskillende variëteite van Afrikaans wat in die bundel gebruik word

Read more

Summary

INLEIDING

Marlene van Niekerk se derde digbundel, Kaar, word gepubliseer in 2013 en word uiters gunstig deur kritici ontvang. In hierdie artikel word geargumenteer dat die “ensiklopediese narratief” van Kaar deels in ’n idiolek gevoer word wat as ’n soort “mineurtaal” (vergelyk Deleuze & Guattari 1986) beskryf kan word. Alhoewel Kaar natuurlik ’n digbundel is, is daar verskeie aspekte van die ensiklopediese narratief wat klop met die inhoud van die bundel. Die gesprek met die hele Afrikaanse digkuns (en verskeie ander poëtikas) sou eweneens ondersoek kan word: daar is verwysings na onder meer Totius, D.J. Opperman, Breyten Breytenbach, C.M. van den Heever, N.P. Van Wyk Louw, Sheila Cussons, Ingrid Jonker, G.A. Watermeyer, P.J. Philander, Louis Eksteen, Wilma Stockenström, Boerneef en Peter Blum. In hierdie artikel word daar, in aansluiting by die ensiklopediese aard van Kaar, ’n voorlopige ondersoek gedoen na die voorkoms van die polifonie van tale, oftewel heteroglossia, en spesifiek na die verskillende variëteite van Afrikaans wat in die bundel gebruik word. Daar word ten slotte gespekuleer oor die funksies van hierdie verskillende tale en variëteite

TAALKUNDIGE VARIASIE
DIE TALE IN KAAR
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call