Abstract

Totemisme en die historiese ontwikkeling van poësie in die Sothotale met spesiale verwysing na die Kwena-totem: Tradisionele mondelinge poëtiese beskrywings van diere en voëls was gewilde estetiese uitinge wat 'n belangrike rol in die tradisionele sosiale lewe van die Sothomense gespeel het. Tradisionele “prysers” soos hierdie kunstenaars genoem is, het baie tyd daaraan gewy om diere en voëls se fisiese kenmerke en gewoontes noukeurig te bestudeer. Die affiniteit vir diere en voëls is grootliks aangevuur deur totemisme wat neerkom op die kulturele betekenis, asook die verering van sekere diere en voëls deur verskeie Sothostamme. Hierdie orale poëtiese kunsvorme wat mondelings van een geslag na 'n ander oorgedra is, het later 'n belangrike rol in die ontstaan van die moderne geskrewe poësie in die Sothotale gespeel. Die aard en kenmerke van die tradisionele vorme word in die artikel bespreek, asook die invloed daarvan op sekere digters in die moderne Sothopoësie Keywords: totemisme, Sothopoësie, mondelinge skeppinge, tradisionele kunsvorme, O.K. Matsepe, historiese ontwikkelingSouth Africa Journal of Cultural History Vol. 21 (2) 2007: pp. 43-61

Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call