Abstract

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) is 'n navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste. Ten einde verantwoorde keuses met betrekking tot VivA se produk- en diensaanbod te maak, is kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing gedoen om tekortkominge in die Afrikaanse mark van digitale taalprodukte te bepaal. Sewe temas is uit die fokusgroepgesprek geïdentifiseer. Een van die belangrikste bevindinge is dat 'n groot deel van die Afrikaanse gebruikers in hierdie steekproef nie geweet het van die Afrikaanse Wiktionary en Wikipedia nie. Dit het duidelik geblyk dat Afrikaanse gebruikers veral n behoefte het aan vier elektroniese Afrikaanse hulpmiddels, te wete 'n aanlyn/mobiele weergawe van Afrikaanse Woordelys en Spelreëls; 'n Afrikaanse grammatikatoetser; 'n terminologiebank; en outomatiese vertaalhulpmiddels. Ofskoon die meerderheid respondente n redelik negatiewe belewenis met betrekking tot outomatiese vertaalhulp gehad het, is bevind dat n beduidende aantal tog positief daaroor is en n sterk behoefte aan so n hoëkwaliteitproduk het. Op grond van hierdie navorsing is die markbehoeftes van die Afrikaanse gemeenskap bepaal en verskeie produkte en dienste is voorgestel. Ten einde aan die geïdentifiseerde markbehoeftes te voldoen, sluit VivA se aanvangsprodukte en -dienste onder andere die volgende in: Woordeboekportaal; Taalportaal; Adviesportaal; Korpusportaal; en Inligtingsportaal.

Highlights

  • On the basis of this research, the needs of the Afrikaans community related to language products and services were determined, and various products and services were introduced in order to meet these identified needs

  • Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) isn navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste en is in Februarie 2015 geregistreer as maatskappy sonder winsoogmerk

  • Die Taalkommissie (TK) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) was tot dusver die primêre agent vir die nastreef van hierdie doel, en die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) wat deur die TK saamgestel word, dien as instrument om aan taalgebruikers leiding te gee oor die gebruik van geskrewe, formele Standaardafrikaans

Read more

Summary

INLEIDING

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) isn navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste en is in Februarie 2015 geregistreer as maatskappy sonder winsoogmerk. Indien marknavorsing deur maatskappye gedoen is, word dit nie in die openbare domein beskikbaar gestel nie, waarskynlik ten einden mededingende voordeel te behou. Dié ondersoek is ook ondersteun deur sekondêre marknavorsing, d.i. literatuur- en websoektogte om algemene inligting oor die grootte van die potensiële mark te bepaal, beskikbare produkte en dienste te verken, ensovoorts. Hierdie sekondêre navorsing word nie verder in hierdie artikel bespreek nie, maar die leser word verwys na Jacobs et al (2013) virn redelik omvattende oorsig oor demografiese tendense in die Afrikaanse gemeenskap. Die hoofdoel van hierdie artikel is om in hierdie hiaat te voorsien deurn beskrywing van VivA se primêre marknavorsing in die openbare domein beskikbaar te stel. ʼn Aantal van die insigte uit die primêre en sekondêre markondersoek word in afdeling 6 toegepas op die keuse van produkte, dienste en verspreidingskanale vir VivA. Die artikel sluit in afdeling 7 af met idees vir verdere markondersoek, en navorsings- en ontwikkelingsprioriteite vir die onmiddellike toekoms

BONDIGE GESKIEDENIS
MARKNAVORSINGSMETODOLOGIE
KWANTITATIEWE BEVINDINGE
Elektroniese taalhulpmiddels
Inferensiële statistiek
KWALITATIEWE BEVINDINGE
Die generering van temas
INTERPRETASIE EN TOEPASSING
Hoe moet die kostemodel daar uitsien?
Watter modi van aflewering moet gebruik word?
Findings
GEVOLGTREKKING
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call