Abstract

Die afsterwe van Noorweegse linguistiese identiteit in vroeg-twintigste-eeuse Suid-Afrika: Gedurende die laaste kwart van die negentiende eeu het Noorweegse immigrante talle klein, maarsigbare gemeenskappies in verskeie dele van Suid-Afrika gevorm, veral in Durban, aan die Witwatersrand en in Kaapstad. Baie van hierdie nuwe aankomelinge het broederlike verenigings gestig, by kerke saamgekom en kultuurverenigings gestig. In die eerste helfte van die twintigste eeu het hulle kenmerkende etnisiteit, veral hulle gebruik van Noorweegs, afgeneem, ten spyte van pogings om daardie element van hulle kulturele identiteit te behou. Dit word aangevoer dat die primêre faktor in die ondergang van hulle etniese kultuur die afname in immigrasie van Noorweë was en die gevolglike tekort van 'n aansienlike aantal mense om die kulturele instellings te handhaaf. Die klem val op die mislukking van die handhawing van die Noorweegse taal. Keywords: assimilasie, tweetaligheid, etnisiteit, taal, Noorweegs, Noorweë, SkandinawieseSouth Africa Journal of Cultural History Vol. 21 (2) 2007: pp. 184-197

Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call