Abstract

OPSOMMING Die groot getal navorsingspublikasies oor klientediens gedurende die afgelope dekade dui op die belangrikheid van die onderwerp. Studies het onder meer getoon dat verbruikersfasilitering ‘n belangrike bydrae ten opsigte van uiteindelike verbruikerstevredenheid en veral ten opsigte van verbruikers se geneigdheid tot winkel lojaliteit, maak. Die bydrae van verkoopspersoneel raak selfs belangriker ten opsigte van duursame, komplekse produkte. Hier gebeur dit dikwels dat die verskeidenheid produkte op die mark verbruikers so oorweldig dat hulle nie oor die kennis en ondervinding beskik om sonder hulp ingeligte, verantwoordelike produkbesluite te neem nie. Ongelukkig rapporteer navorsers verder dat die kollektiewe rol van ‘n verkoopspersoon in die kleinhandel, baie kompleks en veeleisend is. Die vraag is dus of ‘n verkoopspersoon verbruikersfasilitering – wat net een aspek van die kollektiewe verkoopsrol verteenwoordig – as ‘n prioriteit beskou en of ander rolvereistes moontlik voorkeur geniet omdat dit as meer lonend beskou word. Terwyl verbruikers dus onder die indruk verkeer dat hulle op verkoopspersoneel kan staat

Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call