Abstract

As tussenganger tussen die taalkunde en die maatskappy bring die woordeboek die taalkunde op 'n besondere wyse by die taalgebruiker uit. Hierbenewens word daar egter ook 'n pragmatiese benadering van die leksikograaf verwag, in die sin dat die leiding wat die woordeboek gee 'n weerspieeling moet wees van werklike taalgebruik. Woordeboeke beskik dus in 'n sekere sin oor beide 'n normatiewe en 'n informatiewe karakter. Voeg hierby die feit dat woordeboeke as gesaghebbende naslaanbronne gebruik word, en die moontlikheid dat dit bydra tot die versterking en behoud van bepaalde taalpatrone is nie uitgesluit nie. In 'n tyd waarin daar toenemend aandag gegee word aan die bevooroordeelde kategorisering van die vrou, staan die woordeboek as kulturele gesagsbron ook onder verdenking. Die moontlikheid dat woordeboeke deur middel van eensydige leksikografie kan bydra tot stereotiepe roltoewysings en seksistiese aannames word in hierdie artikel bespreek. Woorde onder die letter M is in sowel 'n tweetalige as verklarende woordeboek nagegaan om te bepaal of die woordeboeke hulle inderdaad aan taalseksisme skuldig maak.

Highlights

  • Language Sexism as a Form of Biased Lexicography

  • Voeg hierby die feit dat woordeboeke as gesaghebbende naslaanbronne gebruik word, en die moontlikheid dat dit bydra tot die versterking en behoud van bepaalde taalpatrone is nie uitgesluit nie

  • Woorde onder die letter M is in sowel 'n tweetalige as verklarende woordeboek nagegaan om te bepaal of die woordeboeke hulle inderdaad aan taalseksisme skuldig maak

Read more

Summary

Inleiding

Gesla~ net soos ras, is 'n sosiale probleemarea vanwee die feit dat oorheersil}g dikwels op grond van onderskeid geregverdig word. Die siening berus op 'n aanname dat die een geslag vanwee 'n meerderwaardige samestelling daarop geregtig is om die ander geslag te oorheers Taalseksisme wat onderskei moet word van die verskillende spraakpatrone van mans en vroue wat deur verskeie navorsers toegeskryf word aan die sosialiseringsproses Die feit dat vroue se sosiale agterstande in die modeme samelewing nie langer aan diskriminerende praktyke (of dan ten minste in dieselfde mate as vroeer) toegeskryf kan word nie In die verband die bydraes van onder andere Thome en Henley 1975; Spender 1980; Coates en Cameron 1989). Is taal bloot 'n weerspieeling van bepaalde gemeenskapsnorme wat sorg vir die onderskeid ~ssen die twee geslagte? Kramarae en Henley 1983) is van mening dat hierdie vrae van nuuts af teen die agtergrond van die SapirWhorf-hipotese ondersoek behoort te word

Sapir-Whorf-hipotese
Taalseksisme en die woordeboek
Eensydige leksikografie?
Gebruiksleiding in die Tweetalige Woordeboek
Enkele ander bevindinge
Gevolgtrekking
Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call