Abstract

Language transfer in the teaching of Afrikaans as a second language The biggest problem facing lecturers of Afrikaans as a second language at tertiary institutions is the fact that second-language students are usually taught by non-native speakers at primary and secondary levels. The language form used by these teachers shows clear deviations in comparison to the standardised form. This language form, which can be compared to an interlanguage, has its own distinctive features, and forms the target language of second-language speakers. The short period that second-language speakers are exposed to the standardised form at tertiary level is not enough to improve the situation significantly. The result is that students who qualify themselves as teachers, will transfer the same language form to their pupils at primary and secondary levels. One of the consequences is that this language form develops into a non-standardised form. Examples of deviations from teachers’ as well as from students’ language forms will be compared to indicate clearly the transfer that takes place.

Highlights

  • Die onderrig van Afrikaans as ’n tweede taal op skool vind heel dikwels plaas deur onderwysers wat self tweedetaalsprekers van Afrikaans is

  • Hierdie feite is onder andere dat handboeke soms heeltemal afwesig is en indien daar wel nog handboeke gebruik word, dit letterkundige werke met ’n poëtiese of idiomatiese inslag is; dat daar nog nie ’n kultuur geskep is om boeke te koop of te lees nie; dat daar nie ’n neiging bestaan om enige literatuur buite die klaskamer te lees nie; en dat letterkundige en ander voorgeskrewe werke deur die onderwyser in die klas voorgelees word, sodat die leerling nooit die geleentheid kry om self te leer lees nie

  • Die eerste ondersoek was vir ’n Ph.D.-studie (Stander, 1998) om vas te stel of die Afrikaans van tweedetaalonderwysers in Qwa-Qwa ’n gefossileerde intertaal is of nie

Read more

Summary

Inleiding

Die onderrig van Afrikaans as ’n tweede taal op skool vind heel dikwels plaas deur onderwysers wat self tweedetaalsprekers van Afrikaans is. ’n Intertaal word beskryf as ’n taalvorm wat tussen die eerste taal en die tweede of addisionele taal staan In hierdie artikel handel dit egter oor die oordrag van morfologiese, sintaktiese en leksikaal/semantiese afwykings van onderwysers na dié van hul leerlinge en die ooreenkomste in taalafwykings tussen hierdie twee groepe. Albei artikels is ook gebaseer op ’n Ph.D.-studie, wat die Afrikaans van onderwysers in Qwa-Qwa beskryf Hierdie artikel fokus veral op die ooreenkomste tussen die taalgebruik van onderwysers en studente en die grammatiese patrone wat daardeur gevestig raak. Die vorige artikel het verklarings uit Sesotho ingesluit, maar hierdie artikel wil net die ooreenkomste in afwykings tussen die genoemde groepe aantoon om te illustreer dat taaloordrag wel van onderwysers na hul leerlinge plaasvind. Ter agtergrond tot hierdie artikel, word die onderrigsituasie van Afrikaans as tweede taal op skool in Qwa-Qwa beskryf

Agtergrond
Taaloordrag as ’n faktor wat tweedetaalgebruik belemmer
Die ondersoeke
Affikse
Verkleinwoorde
Meervoude
Samestellings
Sintaktiese afwykings
Persoonlike voornaamwoorde
Aanwysende voornaamwoorde
Betreklike voornaamwoorde
Besitlike voornaamwoorde
Wederkerende voornaamwoorde
Vraende voornaamwoorde en vraagwoorde
Voorsetsels
Lidwoorde
Werkwoorde
Adjunkte
Ontkenning
Woordvolgorde
Voegwoorde
Gevolgtrekking
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call