Abstract

Language ideology and African languages: The perception of university students in a post-apartheid South Africa Since the commencement of the new South African Constitution in 1996 student numbers in African languages at the Potchefstroom University for Christian Higher Education have dropped dramatically. It is argued in this article that this problematic situation should not be attributed to an inefficient language policy or ineffective course material, but rather to an ideological climate that is counter-productive to the optimal functioning of African languages as languages of education. It was found that second-language speakers, who do not have any innate sentimental attachment towards African languages, also do not really attach any instrumental value to them. In the questionnaire they rather revealed an apathetic attitude. First-language speakers, however, revealed a strong sentimental and instrumental point of view concerning these languages, but also revealed an even stronger sentiment towards English as an instrumental language. However, African languages have to compete with English in the instrumental sphere.

Highlights

  • Sedert die aanvaarding van die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet in 1996 het studentegetalle in die Vakgroep Afrikatale aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys drasties afgeneem

  • Die basiese vertrekpunt van hierdie artikel is dat die grondliggende rede hiervoor nié te soek is in beleide, strukture, kursusmateriaal en -aanbiedings nie, maar in die mate waardeur studente se taalpersepsies en hul gevolglike taalgedrag primêr gerig word deur ideologiese dryfvere

  • Die oorhoofse doel met hierdie artikel is om die taalideologiekwessie, soos deur Cobarrubias (1983:63) gedefinieer en deur Steyn (1993:7-18) en Du Plessis (1992:95-97) verder verfyn, spesifiek empiries van toepassing te maak ter toetsing van die gestelde aanname

Read more

Summary

Konteks en probleem

Die getal studente wat Afrikatale in die Vakgroep Afrikatale aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys neem, het oor die afgelope ses jaar, sedert die aanvaarding van die nuwe SuidAfrikaanse Grondwet, drasties afgeneem. Wanneer in gedagte gehou word dat Wet 108 van 1996 aan Afrikatale, naas Afrikaans en Engels, volledige amptelike status verleen, is dit noodsaaklik om na moontlike redes vir hierdie toedrag van sake te soek. Die basiese vertrekpunt van hierdie artikel is dat die grondliggende rede hiervoor nié te soek is in beleide, strukture, kursusmateriaal en -aanbiedings nie, maar in die mate waardeur studente se taalpersepsies en hul gevolglike taalgedrag primêr gerig word deur ideologiese dryfvere. Hierdie vertrekpunt bestaan in navolging van Pieterse se standpunt dat ’n uiteindelike talebestel deur ideologieë bepaal word ’n Beredenering aan die hand waarvan gestel word dat die soeke vir die oplossing van die dalende studentegetalle in die geledere van die Afrikataalstudente aan die Potchefstroomse Universiteit waarskynlik lê in ideologiese faktore. ’n Interpretasie van die navorsingsdata en aanbevelings aan die hand waarvan begrip vir die situasie gekweek word en ’n moontlike regstelling van die problematiese taalsituasie gemaak kan word

Ideologie
Wet 108 van 1996 en taalideologie
Omlyning van die proefgroep
Algemene gesindheid teenoor Afrikatale
Die groep se belewing van die Afrikatale op grond van sentiment
Die groep se belewing van Afrikatale as instrument
Die oorheersende ideologie by die proefgroep
Algemene bevinding
Findings
Gevolgtrekking
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call