Abstract

Die regsdebat oor die geldigheid van die gemeenregtelike verweer waaroor ouers tot onlangs nog binne die Suid-Afrikaanse regstelsel beskik het, naamlik die bevoegdheid tot redelike en matige tugtiging van hulle kinders, word al meer as 'n honderd jaar lank in Suid-Afrika gevoer. Nieteenstaande die lang duur van die debat en die belangrike uitwerking van die staatsregtelike ontwikkeling in Suid-Afrika onder die Grondwet van die RSA, 1996, in samehang met die vereistes van die internasionale reg, het daar eers in September 2019 regsekerheid oor dié bepaalde regsvraag gekom. In Freedom of Religion SA v Minister of Justice and Others het die Konstitusionele Hof, Suid-Afrika se hoogste hof, beslis dat die gemeenregtelike verweer van ouerlike bevoegdheid tot redelike en matige tugtiging van hulle kinders, selfs in hulle private wonings, ongrondwetlik en derhalwe ongeldig is. Ná opweging van al die mededingende belange en regte van sowel ouers as hulle kinders kom die hof tot die finale beslissing dat daar regtens geen regverdiging meer bestaan vir die voortgesette behoud van fisieke ouerlike tugtiging nie, selfs nie eens op grond van godsdienstige riglyne nie, en derhalwe ook nie vir die volgehoue inbreukmaking op die regte van kinders wat aan sodanige tugtigingspraktyke blootgestel word nie. Tensy daar ander regswysigings binne die Suid-Afrikaanse regstelsel aangebring word, beteken hierdie beslissing van die hof dat die toediening deur ouers van redelike en matige fisieke tugtiging aan hulle kinders 'n finale doodskoot gekry het.

Highlights

  • South Africa’s highest court deals a mortal blow to the common-law defence of parental authority to administer reasonable and moderate correction: Reflecting on the case of Freedom of Religion SA v Minister of Justice and Others 2020 (1) SA 1 (CC) The debate in legal circles in South Africa about the lawfulness of the common-law defence, until recently available to parents, of parental entitlement to administer moderate and reasonable chastisement to their children has been going on for more than a hundred years

  • In Freedom of Religion SA v Minister of Justice and Others het die Konstitusionele Hof, Suid-Afrika se hoogste hof, beslis dat die gemeenregtelike verweer van ouerlike bevoegdheid tot redelike en matige tugtiging van hulle kinders, selfs in hulle private wonings, ongrondwetlik en derhalwe ongeldig is

  • In dié saak het Suid-Afrika se hoogste hof beslis dat die gemeenregtelike verweer van ouerlike bevoegdheid tot redelike en matige tugtiging ongrondwetlik en derhalwe ongeldig is (FORSA, par. [73]; sien ook artikel 167(3)(a) van die Grondwet, wat bepaal dat die Konstitusionele Hof die hoogste hof van die Republiek van Suid-Afrika is)

Read more

Summary

INLEIDING

Dit is ’n alombekende feit dat regstelsels oor die wêreld heen voortdurend met ’n verskeidenheid van moeilik oplosbare sosiopolitieke regsgeskille gekonfronteer word. Dit is interessant dat Artikel 3 van die Europese Konvensie oor Menseregte, wat bepaal dat niemand – dus ook nie kinders nie – aan marteling en onmenslike of vernederende behandeling of straf onderwerp mag word nie, spesifiek gebruik word om te argumenteer dat alle vorme van lyfstraf aan kinders verbied behoort te word – sien Rogers 2002:98-113; A v UK [1998] 2 FLR 959 (ECHR) en Bekink 2006:185). Nieteenstaande Suid-Afrika se huidige grondwetlike bepalings, saamgelees met sowel internasionale as regionale menseregte-instrumente, voer skrywers steeds aan dat die Grondwet, en die SuidAfrikaanse reg in die breë, ouers nie die gemeenregtelike bevoegdheid om hulle kinders tuis fisiek te tugtig uitdruklik ontneem het nie, mits sodanige tugtiging redelik en matig is. Dit is teen hierdie agtergrond dat die Konstitusionele Hof se beslissing in Freedom of Religion South Africa v Minister of Justice bespreek en in oënskou geneem moet word

Inleiding
Die sake in geskil
Die reg op menswaardigheid
Die beoordeling van die beperking van regte
Bespreking en gevolgtrekking
Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call