Abstract

As vertrekpunt vir hierdie artikel word Suid-Afrika beskryf as 'n ontwikkelingstaat, tans onderworpe aan 'n proses van demokratiese konsolidasie. Hierdie onafgehandelde proses word direk verbind aan die oorgang vanaf 'n ou (apartheids-) na 'n nuwe (demokratiese) bedeling. In hierdie opsig word Suid-Afrika dan ook ingesluit onder die definisie van 'n transformasionele staat. Die term "transformasionele demokrasie" verwys vervolgens na 'n demokrasie wat tot stand gekom het as gevolg van 'n bevrydingstryd, en getransformeer het vanaf 'n outokratiese of koloniale regime na 'n konstitusionele staatsorde. Daar word geargumenteer dat daar in vele opsigte voldoen is aan die vereistes van prosedurele transformasie ná 1994, met die aanvaarding van die grondwet in 1996 en die instelling van konstitusioneel-demokratiese strukture en instansies, en veral die hervorming van die regstelsel en die instelling van vrye en regverdige verkiesings. In terme van substantiewe transformasie bly die proses egter nog onafgehandel. Dit is juis hierdie gebrek aan substantiewe transformasie wat gelei het tot 'n afname in kiesersdeelname en kiesersvertroue. Teen hierdie agtergrond is die oogmerk van die artikel om die effek van die erosie van kiesersvertroue op die politieke landskap en die uiteindelike proses van sowel historiese as huidige demokratiese konsolidasie in Suid-Afrika te bepaal. Ten einde hierdie doel te bereik word daar eerstens, op 'n holistiese wyse, gefokus op die rol van die staat in moderne ontwikkelende demokrasieë. Tweedens word die artikel vernou tot die aard van kiesersvertroue in gevestigde en trans-formasionele demokrasieë. Teen hierdie kontekstuele agtergrond word derdens gefokus op die Suid-Afrikaanse situasie. Hier word spesifiek verwys na die stygende trajek van onder-steuning vir die ANC in nasionale en plaaslike verkiesings tussen 1994 en 2004, met daarteenoor die moontlike oorsake vir die afname in ondersteuning vir die ANC-regering ná 2004. Terselfdertyd word die afname in stemopkoms reeds sedert die verkiesing in 1999 in teenstelling tot die groeiende stemouderdompopulasie (SOP) tot en met die nasionale verkiesing in 2019 onder die soeklig geplaas. Met die oog op die projeksie van 'n toekoms-scenario rakende politieke konsolidasie word die daling in stemopkoms en die onderliggende erosie van kiesersvertroue in die Suid-Afrikaanse politieke landskap, ter afsluiting, in verband gebring met mislukkings in die bereiking van veral substantiewe ontwikkelingsdoelwitte en -uitkomste.

Highlights

  • To illustrate the trajectory of the erosion in voter trust, voting patterns from the post-1994 period to 2016 are discussed

  • In this article it is assumed that a downward turn in voter trust negatively affects democratic consolidation

  • Met die oog op die projeksie van ’n toekoms-scenario rakende politieke konsolidasie word die daling in stemopkoms en die onderliggende erosie van kiesersvertroue in die Suid-Afrikaanse politieke landskap, ter afsluiting, in verband gebring met mislukkings in die bereiking van veral substantiewe ontwikkelingsdoelwitte en -uitkomste

Read more

Summary

INLEIDING

Die lae stemopkoms in die jongste Suid-Afrikaanse nasionale verkiesing (9 Mei 2019) beklemtoon die integrale rol wat kiesersvertroue in die demokratiseringsproses sowel as die konsolidasie van die transformasionele demokrasie vertolk. In ’n demokrasie kan kiesersvertroue dus beskou word as ’n omvattende aanwyser van ’n bevolking se persepsie (en interpretasie) van die prestasie van ’n regering. In die Suid-Afrikaanse politieke landskap het kiesersvertroue in die ANC, wat aanvanklik in die eerste dekade van demokrasie hoog was, ná 2004 begin erodeer – dermate dat die legitimiteit van die huidige regering, insluitende regeringsbeleid en -prestasie, sowel as die doeltreffende funksionering van bestaande demokratiese instansies en prosesse soos onderskryf in die grondwet, tans onder verdenking is. Meyer en Van Der Elst (2014:76) beklemtoon dat die rol wat die staat speel in lyn moet wees met die bevolking se unieke sosio-ekonomiese en politieke samestelling. Die staat speel dus ’n leierskapsrol en tree op as koördineerder van die makro-ekonomiese beleid om suksesvolle ekonomiese groei en ontwikkeling te stimuleer

Die staat as legitieme uitvoerder van die sosiale kontrak1
Doeltreffende regering as vereiste vir suksesvolle demokratisering
Magswisseling tussen politieke partye as vereiste vir legitieme demokrasie
Doeltreffende dienslewering as vereiste vir suksesvolle demokratisering
Non-elite- en elite-groepe
Die aard van kiesersvertroue in gevestigde demokrasieë
Die aard van kiesersvertroue in transformasionele demokrasieë
Die vestiging van kiesersvertroue in transformasionele demokrasieë
Prosedurele hervormings ná 1994
Die impak van stemapatie onder jonger kiesers op verkiesingsuitslae
Die ANC se ontwikkelingsagenda sedert 2004
Die beskerming van die regte en vryhede van burgers
Uitbouing van die ekonomie
Die uitbouing van ’n deelnemende politieke kultuur
Bevordering van deursigtigheid en toerekenbaarheid
Bekamping van korrupsie en wanadministrasie
Fokus op sosio-ekonomiese ontwikkeling
Findings
GEVOLGTREKKING
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call