Abstract

Die standaardisering van Afrikaans tot die Standaardafrikaans wat ons vandag ken, is 'n komplekse en dikwels omstrede saak. Die hedendaagse omstredenheid van en kritiek teen Standaardafrikaans kom nie in hierdie artikel aan bod nie. Sonder om verder daarop in te gaan, word aanvaar dat daar in die loop van min of meer 'n eeu 'n standaardvorm ontwikkel is uit die vroeë Afrikaans-Hollandse taalvorme wat hier te lande gebesig is en dat dié standaardisering geslaagd was omdat Standaardafrikaans hom vir die grootste deel van 'n eeu doeltreffend naas Engels kon handhaaf in die hoër funksies van n taal, soos die staatsbestel, die regspleging, die (hoër) onderwys, die wetenskap en die letterkunde. Vir hierdie artikel word eweneens aanvaar dat die standaardvariëteit van n taal kwalik suksesvol kan funksioneer sonder 'n doeltreffende ortografie en dat die standaardisering van die Standaardafrikaanse ortografie daarom 'n wesenlike rol in die proses van die standaardisering van Afrikaans gespeel het. Die ortografiese standaardiseringsproses word beskou aan die hand van die tien uitgawes van die gesaghebbende Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS). Daar word aangetoon dat die grondbeginsels van die Afrikaanse spelling, wat deur al tien AWS'e inhoudelik dieselfde gebly het, enersyds gehelp het om die verafrikaansing van "vreemde woorde" te rig en te vestig, en andersyds n merkwaardig stabiele spellingsisteem tot stand gebring het. Die ontwikkeling van die AWS - by name die deurlopende presisering en verfyning van die spelreëls, en die bydrae daarvan tot die standaardisering van Afrikaans - word aan die hand van die tien uitgawes aangetoon.

Highlights

  • Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 56 No 2-1: Junie 2016 doi.10.17159/2224-7912/2016/v56n2-1a11 that it is accepted as a fact because Standard Afrikaans has been, for the greater part of a century, able to hold its own against English in the higher functions of a language, such as government, the administration of justice, education, science, literature, and the arts and culture

  • This article accepts that the standard variety of a language can hardly function successfully without an effective orthography and, that the standardisation of the Standard Afrikaans orthography contributed significantly to the standardisation of Afrikaans

  • These, along with a word list that contained words deemed to belong to the received standard of the emerging standard language or to pose spelling difficulties, were published in 1917 as the first edition of the Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS), which, over the decades, has become the authoritative source on Standard Afrikaans spelling issues

Read more

Summary

INLEIDING

In hierdie artikel word die bydrae vann stabiele ortografie tot die standaardisering van Afrikaans[2] in die algemeen in oënskou geneem. Die rol van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) in die standaardisering van die spellingstelsel van Standaardafrikaans word beskou aan die hand van die tien uitgawes van hierdie publikasie sedert 1917. Daar word aanvanklik gekonsentreer op die voorwoord van elke uitgawe, wat dikwels nie netn idee gee van die tydsgewrig waarin die betrokke AWS verskyn het nie, maar ook aandui hoe die betrokke uitgawe verskil van die vorige(s) en wat nuut daarin is. Ten einden idee te gee van hoe die publikasie gegroei het, word hier en daar aanduidings gegee van die omvang van die boeke wat formaat en aantal bladsye betref. Die afleiding kan ten slotte gemaak word dat die aanvaarding deur die publiek van die Afrikaanse spelling soos vervat in die onderskeie AWS’e, waarin die wesenlik onveranderde behoud van die grondbeginsels van die Afrikaanse spelling geen geringe rol gespeel het nie, kardinaal was in die standaardisering van Afrikaans

AGTERGROND EN KONTEKSTUALISERING
DIE AWS DEUR DIE DEKADES4
AWS1 en AWS2
AWS9 en AWS10
DIE SPELREËLS
Die grondbeginsels
ENKELE VOORBEELDE UIT DIE WOORDELYS
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call