Abstract

Rivers and the construction of identity The collection of youth memories “Met ’n eie siekspens” (Engela van Rooyen) and the novel “Manaka: plek van die horings” (Pieter Pieterse) complement each other as literary embodiments of the phenomenon that human life and identity are influenced by an aspect of the characters’ natural environment, namely the river. This article focuses on the nature and extent of the influence of rivers on the development of identity in characters in these two works. In “Met ’n eie siekspens” the formative role of the Orange River is connected with a complex relationship between man and river in which elements of devotion collide with those of enslavement. The values taught by the river and its surroundings are core components of the characters’ identities. In “Manaka: plek van die horings”, the main character’s dream of a life on the Zambezi is part of his identity, in that it embodies selfrealisation and has directed his thinking and self-image since childhood. The river and its surroundings, however, later on also play an important role in the re-interpretation of his life goal and the acquisition of a wider understanding of his true identity. This investigation underlines the importance of research into the portrayal of the relationship between man and nature within the broader field of study in which the portrayal of matters of identity in Afrikaans literature is investigated.

Highlights

  • Die bundel jeugherinneringe “Met ’n eie siekspens” (Engela van Rooyen) en die roman “Manaka: plek van die horings” (Pieter Pieterse) vul mekaar aan as literêre vergestalting van die verskynsel dat die menslike lewe en identiteit beïnvloed word deur ’n aspek van die karakters se natuurlike omgewing, naamlik die rivier

  • In “Met ’n eie siekspens” hou die vormende rol van die Oranjerivier verband met ’n komplekse verbintenis tussen mens en rivier waarbinne elemente van verknogting bots met dié van verknegting

  • Hoewel ook geen navorsing oor die moontlike verband tussen die rivier en identiteitskonstruksie in enige van hierdie oeuvres gevind kan word nie, word in besprekings van Deacon en Weideman se werk wel enkele verwysings aangetref na die rivier wat in sekere tekste méér word as die blote ruimtelike gegewe, omdat dit ook metafories figureer

Read more

Summary

Navorsingskonteks

In Engela van Rooyen se bundel jeugherinneringe, Met ’n eie siekspens (1994), wat in 2005 herdruk is, is die rivier ’n sterk saambindende faktor in die vertellings en kom die direkte inspeel van die rivier op die lewens en identiteit van die karakters aan die lig. Hoewel ook geen navorsing oor die moontlike verband tussen die rivier en identiteitskonstruksie in enige van hierdie oeuvres gevind kan word nie, word in besprekings van Deacon en Weideman se werk wel enkele verwysings aangetref na die rivier wat in sekere tekste méér word as die blote ruimtelike gegewe, omdat dit ook metafories figureer. Sy toon aan dat in die tematiese ontginning van riviere in die Afrikaanse poësie die krag van riviere sentraal staan, onderskeidelik die skeppende en verwoestende aard daarvan, maar dan hoofsaaklik soos waargeneem ten opsigte van die omringende fisiese omgewing (Van der Merwe, 1999:129-131).. Hier is die impak van die rivier egter direk op die karakters se identiteit te vind en nie meer grootliks op die uiterlike omstandighede en fisiese omgewing, soos Van der Merwe (1999:131) gevind het dit meestal in die Afrikaanse poësie gereflekteer word nie. In die bespreking van Manaka: plek van die horings sal ook aangesluit word by White (1995:1) se standpunt dat nuwe ervarings in ’n nuwe ruimtelike omgewing mense se verwysingsraamwerk en opvattings beïnvloed en neerslag vind in veranderde of ontwikkelende uitbeeldings van ervaring en identiteit

Met ’n eie siekspens
Herinnering: “Die troewel water wat ons lewe is”
Verhouding van aanhanklikheid
Verhouding van stryd
Modellering: lewenswaardes as identiteitskomponente
Manaka: plek van die horings
Die rol van die rivier in die vorming en bevestiging van identiteit
Baas se “baasskap” in die wiele gery
Herbesinning oor lewensdoel en identiteit
Samevattend
Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.