Abstract

Die Women’s National Coalition (WNC) is in 1992 amptelik gestig en was ‘n inisiatief van die African National Congress Women’s League. Die doelwitte van die WNC was om inligting oor vroue se behoeftes en aspirasies in te samel en dit in ‘n Vrouehandves saam te vat wat uiteindelik ‘n integrale deel van die nuwe Grondwet van Suid-Afrika sou word. Vanweë talle praktiese probleme, asook haar gebrek aan politieke vernuf, het die Afrikanervrou moeilik by die WNC aangepas. Daarby het die vyandigheid van swart vroue wat die vergaderings van die WNC domineer het, verder die Afrikanervrou se betrokkenheid in die wiele gery. In hierdie artikel val die soeklig op hoe die politieke gebeure tydens die onderhandelings vir ’n nuwe demokratiese bestel die WNC en Afrikanervroue beïnvloed het.

Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call