Abstract

In hierdie artikel word die Turkse wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 2006, Orhan Pamuk, se roman in Engels vertaal as The Museum of Innocence ontleed betreffende die spanning tussen tradisie en moderniteit. Daar word uitgegaan van die tese dat hierdie spanning te wyte is aan die oorhaastige, wilsmatige, sentralistiese, tipies moderne wyse waarop Turkye se groot moderne staatsman, Mustafa Kemal Atatürk, die land tussen 1923 en 1938 gemoderniseer het. Die roman word ontleed aan die hand van twee temas. Die eerste tema is dié van nabootsingsbegeerte waarmee voortgebou word op die werk van Hans Achterhuis en veral René Girard. Hier word aangevoer dat die hoofkarakters in die roman vasgevang is in 'n tussentoestand tussen tradisie en moderniteit, wat hulle probeer ontsnap deur 'n nabootsing van die Westerse moderniteit, met tragiese gevolge. Die tweede tema is dié van verlies en herinneringsvoorwerpe soos dit beslag kry in die hoofkarakter, Kemal, se Museum van Onskuld. Daar word aangetoon dat Pamuk op mimetiese wyse aansluiting vind by die werk van Marcel Proust, maar ook Proust se tema van herinneringsvoorwerpe verder ontgin. Die verskillende fases waarin die Museum van Onskuld beslag kry, word ontleed om uiteindelik tot die gevolgtrekking te kom dat Kemal se onvermoë om anders met die Westerse moderniteit om te gaan, hom dompel in 'n permanente vervanging van die hede en die toekoms met 'n verlore verlede.

Highlights

  • The unfolding of the tragic events at the heart of The Museum of Innocence is analyzed in finer detail with reference to two themes – mimetic desire between tradition and modernity, and loss and objects of remembrance

  • The theme of mimetic desire between tradition and modernity is discussed by building on the work of Hans Achterhuis and René Girard

  • Actherhuis’s work Het rijk van de schaarste (1988, The Empire of Scarcity) and his argument against Hobbes’s state of nature that social desires are never natural but always culturally mediated is used to show to what extent Kemal and the other characters find themselves in the vacuum left by a disrupted tradition in the grip of the irresistible attraction of Western modernity and its economy of desire

Read more

Summary

INLEIDING

Orhan Pamuk, gebore in Istanboel in 1952, het tot op hede tien romans gepubliseer en in 2006 die Nobelprys vir Letterkunde verower. Pamuk self sien die verhouding tussen tradisie en moderniteit as een van onoplosbare spanning, soos blyk uit die volgende uitspraak wat hy in 2013 teenoor die geskiedkundige, Simon Schama, in ’n onderhoud maak: “There’s always a clash, always the modern betrays history and culture, and always tradition betrays modernity. Met verwysing na die reeds aangehaalde uitspraak van Pamuk teenoor Schama hierbo, word in hierdie artikel aangevoer dat The Museum of Innocence hierdie posisie belig met velerlei belangrike implikasies vir die gesprek oor tradisie en moderniteit. Soos blyk uit talle en talle verwysings in die roman is hulle inderwaarheid ’n onsekere maatskaplike klas vasgevang tussen die tradisie en die moderniteit: Hulle beleef die tradisie met byvoorbeeld sy gereëlde huwelike en voorhuwelikse maagdelikheid as ’n belemmernis, maar terwyl hulle hard probeer om sowel romantiese liefde as seksuele promiskuïteit na te jaag, kan hulle ook nie heeltemal aan die gesag van die tradisie ontsnap nie. Word twee temas in die roman, naamlik die probleem van nabootsingsbegeerte, en die probleem van verlies en herinnering vervolgens behandel

Nabootsingsbegeerte
Verlies en herinneringsvoorwerpe
Die Museum van Onskuld
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call