Abstract

A cry of distress for justice or a vindictive call for vengeance? The martyrs under the altar (Rev. 6:9-11) The essential question to be answered in this article arises from the martyrs’ cry in Revelation 6:9-11. Is the cry to be interpreted as a justification of God’s judgement or as a cry for vengeance by the suffering martyrs? In other words, is it about God’s disposition in the history of Christianity or about the revengeful self-satisfaction of the martyrs? Both these views have been proposed by exegetes and this has led to confusing theological viewpoints. These exegetical preferences determine further dogmatic and ethical implications. The question may also be asked whether it is at all fitting for Christians to urge God to take revenge on their fellows. In almost all the commentaries on Revelation 6:9-11 the exegetes have neglected the theological implications of their exegetical choices concerning these texts. Newer research on the psychological and socio-cultural situation of the first historical receivers of Revelation, as well as the issue of martyrdom in the early church, help an exegete to gain new insights into an old exegetical problem. Decisive exegetical results also serve as key motifs in the unfolding of the dramatic narrative and theological message in the further chapters of Revelation.

Highlights

  • ’n Noodkreet om God se regverdiging of ’n wraakroep om selfgelding? Martelaars aan die voet van die altaar (Op. 6:9-11)

  • Die wesenlike vraag wat in hierdie artikel aan die orde kom, is of die martelaars se noodroep in Openbaring 6:9-11 fokus op die regverdiging van God se oordeel of op die martelaars se selfsugtige wraak

  • Aune (1998:403-405) weer, lei die debat dieper in die mitologiese kosmologie in en fokus eerder op die moontlike ontstaanswêreld van

Read more

Summary

Vraagstelling en doel

Heil (1993:221) behandel Openbaring 6:9-11 eksegeties en ken aan hierdie gedeelte ’n sleutelrol toe in die ontplooiing en gang van die boek Openbaring as ’n geheel. Om na die teologiese betekenis van die martelaars se roep te vra, fokus dus op nuwe vrae vanuit nuwer hoeke van die betrokke teksgedeelte. Openbaring 6:9-11 beskryf die vyfde seël wat oor die smeekroep van die martelaars aan die voet van die altaar handel. Ook die vraag na die verband tussen die vyfde seël en die res van die boodskap van Openbaring kom aan die orde (Bauckham, 1993a:78; 1993b:17). Die doel is om met behulp van eksegetiese analise die teologiese inhoud en sosiale trefkrag van die vyfde seël te ontleed om tot teologiese helderheid te kom oor die wesenlike betekenis van die martelaars se roep.’n Gemotiveerde eksegetiese neerslag van ’n ontleding van Openbaring 6:9-11 kan ook in die interpretasie van die res van die ontplooiing van die narratief van gebeure in Openbaring ’n bepaalde hermeneutiese rol speel

Ko-teks en konteks
Aan hulle is gesê
Teologiese neerslag
Inhoudelike parallelle tussen Openbaring 6:9-11 en 12:10-12 as voorbeeld
Gevolgtrekking
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call