Abstract
Hierdie artikel neem Hegel se weergawe van die mislukking van wedersydse erkenning (dus wanerkenning) krities onder die loep met spesifieke fokus op die meester-slaaf-dialektiek. Hegel gee daarmee sy analise van 'n soort bewussynsontwikkeling wat lei tot vervreemde selfbewussyn in sowel die self as die ander (subjek en objek). Die proses wat hierdie soort bewussyn begrond, gee myns insiens 'n fenomenologiese beskrywing en verduideliking van die kognitiewe wortels van rassisme en geweld soos wat dit gemanifesteer word in 'n sogenaamde moderne koloniale mentaliteit (beide in die koloniale en die postkoloniale konteks). Dit bied met ander woorde 'n uiteensetting van hoe rassisme vorm aanneem in die selfbewussyn. Die moontlike wegbeweeg van rassisme na wedersydse erkenning word ondersoek met die doel om te sien hoe wanerkenning hanteer kan word (in die selfbewussyn). Dit word gedoen aan die hand van 'n model van Hegel se bewussynsteorie, wat verskillende soorte intersubjektiewe erkenning in breë trekke uiteensit. Die fokus van hierdie model is die wisselwerking tussen die dinglike en begripsaspekte van Hegeliaanse erkenning in die interaksie van die self (as subjek) met die ander. Hopelik kan hierdie model help om begrip te bevorder van hoe selferkenning, wanerkenning en wedersydse erkenning gepaard gaan met verskillende vorme van bewussyn. Teen die agtergrond van 'n koloniale bewussyn het wanerkenning en wedersydse erkenning 'n beduidende uitwerking op menslike verhoudinge. Fanon het dit verder belig met sy fokus op die rol van ras in die dialektiek en erkenning.
Highlights
Hegel charts the development of alienated self-consciousness in his account of the masterslave dialectic, and an understanding of this process is of crucial importance to the outline of mutual recognition provided in my study
Misrecognition leads to a colonial consciousness with a colonial mentality in the self that grounds the alienated self-consciousness of the other through relations of racism and violence
The ideal interaction with others that pays attention to issues of racism and violence would be some form of mutual recognition that distinguishes the other as a rehumanised subject
Summary
Die vertrekpunt van hierdie studie is die vraag na presies wat in die bewussyn van die self tot rassisme teenoor die ander lei. Hoe lei hierdie vorming tot wanerkenning en die gevolglike vervreemding van selfbewussyn (as grondslag van rassisme)? ’n Analise van hierdie proses met behulp van die werk van sowel Hegel as Fanon gee vir ons ’n fenomenologie van die vorming van rassisme en die moontlike wegbeweeg daarvandaan na wedersydse erkenning. Hierdie fenomenologie demonstreer hoe verdingliking of reïfikasie deur middel van begrippe (as wanerkenning) in Hegel se meester-slaaf-verhouding lei tot die fenomeen van ras en rassisme as een van verskeie vorme van wanerkenning. Hierdie vorm van wanerkenning begrond ’n sogenaamde koloniale mentaliteit in die self (in die koloniale en postkoloniale konteks) wat aanleiding gee tot ’n vervreemde selfbewussyn in die ander. Die oorspronklike bydrae van my studie lê in die fokus op die self en dit wat plaasvind in die bewussyn van die self wanneer wanerkenning rassisme is, en voorts in hoe hierdie probleem in selfbewussyn aangepak kan word
Talk to us
Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have
Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.