Abstract

An ethical perspective on religious freedom This article investigates the concept of religious freedom from a Christian-ethical perspective. In view of the current reality of religious fundamentalism in a growing heterogeneous world community, the concept of theocracy as justification of religious intolerance is investigated. A survey of the concept of theocracy in the Old and New Testament reveals that the official identification of the state with one particular religion, and the state thus giving prominence to that particular religion, cannot be founded on Christian-ethical principles. This practice is also detrimental to the execution of the principle of religious freedom. The conclusion is that the separation of church and state is the most suitable way to uphold the principle of religious freedom.

Highlights

  • In hierdie artikel word die begrip godsdiensvryheid vanuit ’n Christelik-etiese perspektief ondersoek

  • In die lig van die huidige realiteit van godsdiensfundamentalisme in ’n groeiende heterogene wêreldgemeenskap word die begrip teokrasie as fundering vir die amptelike bevoordeling van een godsdiens bo ’n ander, onder die soeklig geplaas. ’n Oorsig oor die gebruik van die begrip teokrasie in die Ou en Nuwe Testament dui aan dat die identifikasie van die staat met een enkele godsdiens en die bevoordeling van daardie godsdiens bo ander, nie op Christelik-etiese beginsels gefundeer kan word nie

  • Die skending van die reg op vryheid van godsdiens en geloof was in die verlede verantwoordelik vir onmenslike konflik en wrede oorloë

Read more

Summary

Inleiding

Die skending van die reg op vryheid van godsdiens en geloof was in die verlede verantwoordelik vir onmenslike konflik en wrede oorloë. Hierdie ou ideaal van die idee van ’n teokrasie as staatkundige model herleef nou weer in fundamentalistiese Islamstate en word daar aangebied as rede vir die skending van die reg op godsdiensvryheid in daardie state (Farhang, 1988:63). Dit was juis hierdie idee wat Calvyn daartoe gebring het om die staat te beskou as die beskermheer en bevorderaar van die gereformeerde godsdiens. Die sentraal-teoretiese beredenering van hierdie ondersoek is dat die staatkundige idee van ’n teokrasie nie vandag op die staatsbestel van toepassing gemaak kan word nie en dat die konsep van ’n regstaat die beste waarborg bied vir die beskerming van godsdiensvryheid en die vryheid van die kerk om sy profetiese roeping te vervul. Vervolgens word ’n prinsipiële beskouing gebied oor die verhouding kerk en staat en daarna word die konsep van ’n regstaat getoets aan die prinsipes wat in die ondersoek uitgelig word

Godsdienspluralisme
Die idee van teokrasie
Die Ou Testament
Die Nuwe Testament
Staat en godsdiens
Calvyn se standpunt
Van Ruler se standpunt
Barth se beskouing
Findings
Die skeidingsmodel as effektiewe staatkundige antwoord
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call