Abstract

The contrafactum-practice which utilises secular melodies and/or texts as sources in the creation of sacred hymns, is an age-old tradition. This practice generated amongst others a few Protestant hymns (particularly in the German Reformed context), which are viewed today as important hymns in the hymn corpus. One example would be the hymn for lent, “Herzlich tut mich verlangen”. In several historic sources the use of secular melodies in church hymns is motivated: the fact that the melodies are already well-known amongst the congregation would make it easy to learn the new texts. Sources also confirm that this practice makes the songs more accessible for the youth. This article explores the development of selected hymns from the Liedboek van die Kerk (2001) (“Afrikaans Hymn book of the Church”) to determine their secular roots and describe how they developed into sacred hymns. It is pointed out that the utilisation of the melodies as settings for different sacred texts, illustrates their quality and flexibility and is instrumental in their acceptance as hymn tunes. It is also argued that historic distance between the secular source and the church hymn contributes to the weakening of the original secular association. The ongoing debate on the secular versus the sacred is also touched upon, and finally the renewed interest in contrafacta in the late 20th and early 21st century is discussed. Die kontrafaktuurpraktyk, waar sekulêre melodieë en/of tekste as bronne gebruik word in die skep van geestelike tekste en/of melodieë, kom al eeue lank in kerkliedere voor. Hierdie werkswyse het onder andere ʼn aantal Protestantse liedere opgelewer (veral in Duitse Reformatoriese verband), wat deesdae as groot liedere van die kerkliedskat geag word. Een voorbeeld is die lydenslied “Herzlich tut mich verlangen”. In verskeie historiese bronne word die gebruik van sekulêre melodieë by kerkliedtekste gemotiveer: die melodieë was reeds bekend en daarom kon die nuwe liedtekste makliker aangeleer word. Die toeganklikheid vir die jeug staan ook voorop. Hierdie artikel ondersoek enkele liedere in die Liedboek van die Kerk (2001) ten einde vas te stel wat die sekulêre wortels daarvan was. Voorts word aangetoon hoe die liedere as geestelike liedere ontwikkel het. Daar word verwys na die hergebruik van sekere melodieë by ʼn verskeidenheid tekste, wat dui op die aanpasbaarheid van die kontrafakmelodieë en die mate waarin dit inslag gevind het as kerkliedmelodieë. Verder word daar geredeneer dat historiese afstand tussen die sekulêre bron en die kontrafak daartoe bygedra het dat so ʼn lied sy sekulêre assosiasies mettertyd verloor het. In hierdie artikel kom die voortdurende debat waarin die geestelike teenoor die sekulêre musiek staan ten opsigte van gebruik in die erediens ook ter sprake. Die hernude belangstelling in en skepping van kontrafakte vanaf die laaste dekades van die 20ste eeu word ook ten slotte onder die soeklig geplaas.

Highlights

  • The contrafactum-practice which utilises secular melodies and/or texts as sources in the creation of sacred hymns, is an age-old tradition

  • One example would be the hymn for lent, “Herzlich tut mich verlangen”

  • This article explores the development of selected hymns from the Liedboek van die Kerk (2001) (“Afrikaans Hymn book of the Church”) to determine their secular roots and describe how they developed into sacred hymns

Read more

Summary

INLEIDING

Die kerk het deur die eeue van verskeie bronne gebruik gemaak vir die ontwikkeling van kerkliedtekste en -melodieë. Hierdie bronne sluit in nuutgekomponeerde melodieë vir bepaalde gewyde tekste, bestaande oudkerklike liedere wat aangepas is en sekulêre bronne. Die liedere in die Liedboek van die Kerk (2001) is geen uitsondering nie en kom uit verskeie bronne wat dateer vanaf die laat-Middeleeue tot aan die einde van die twintigste eeu. Net soos dit die geval is met liedboeke van ander denominasies, is die meeste liedere wat teks en melodie betref van gewyde herkoms. Die aanpassing van tekste en melodieë met sekulêre oorsprong vir godsdienstige gebruik isn praktyk wat bekend staan as die contrafactum-praktyk. Hierdie artikel ondersoek die kontrafaktuurpraktyk soos dit voorkom in ses liedere uit die Liedboek. Ten slotte sal daar besin word oor die huidige denkrigtings ten opsigte van die gebruik van sekulêre melodieë in die hedendaagse liturgiese konteks (sekulêre versus geestelike musiek) en die herlewing van die kontrafaktuurpraktyk

DIE KONTRAFAKTUURPRAKTYK
LITERATUUROORSIG
BESPREKING VAN LIEDERE
Herz und Herz vereint zusammen
Sonne der Gerechtigkeit
Herzlich tut mich verlangen
In dir ist Freude
Jesu meine Freude
SEKULÊRE VERSUS GEESTELIKE IN DIE KERKLIED
VOORTSETTING VAN DIE KONTRAFAKTUURPRAKTYK IN DIE 20STE EN 21STE EEU
SAMEVATTING
BIBLIOGRAFIE
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call