Abstract

In hierdie artikel val die fokus op hoe Georg Friedrich Wilhelm Hegel se vroeë denke en vroeë teologiese geskrifte die tema van die historiese lotgevalle van die moderne mens in die moderne wêreld hanteer. Meer spesifiek fokus die artikel op Hegel se begrip van die liefde soos hy dit in sy essay "Die Gees van die Christendom en sy lotgevalle"2 (1797-99) weergee, en op die epistemologiese, eties-politiese, ontologiese en krities-historiese implikasies daarvan. Hierteenoor word begrippe soos refleksiewe denke, eiendom en abstrakte reg in 'n sekere vroeëre dialektiese verhouding by Hegel in spel gebring. Die bydrae bestaan basies uit vier dele. Eerstens word, ter wille van die leser, 'n bondige biografiese skets van Hegel gegee. Tweedens word Hegel se vroeë teologiese geskrifte oor die verhouding van die moderne mens en sy diepste bronne, wat gedurende sy jare in Tübingen en Bern geskryf is, bondig gerekonstrueer. Dit bied derdens die agtergrond waarteen hierdie denkmotiewe by wyse van 'n fokus op sy belangrike essay "Die Gees van die Christendom en sy lotgevalle", uit sy Frankfurtse periode (1798-1799), verdiep word. Hierdie bespreking, waarin Hegel se argument in 'n aantal stappe gerekonstrueer word, vorm die kern van die bydrae. Laastens word aangetoon hoe die denkmotiewe in hierdie belangrike vroeë essay in Hegel se latere werke weerklank vind.

Highlights

  • Love and reflexive thinking: The early Hegel on the vicissitudes of modern man Georg Friedrich Wilhelm Hegel’s shadow falls far and his thinking resonates even in our own time

  • This article involves an interpretation of Hegel – because there are many Hegels

  • Apart from the fact that almost all twentieth-century philosophical positions are in some way an answer to Hegel, there are two influential positions in contemporary philosophy that serve as interpretations of Hegel, namely an analytical and a hermeneutical one

Read more

Summary

BONDIGE BIOGRAFIESE OPMERKINGS OOR HEGEL

Wilhelm Hegel, soos sy familie hom genoem het, is op 27 Augustus 1770 in Stuttgart, die hoofstad van die hertogdom Württemberg in die suidweste van Duitsland, gebore. In 1801 het Hegel as privaatdosent in die filosofie by sy vriend Schelling in Jena aangesluit, waar Schelling toe buitengewone professor aan die universiteit was. Hierdie werk is afgerond toe Napoleon, in Oktober 1806, buite Jena met die Pruisiese troepe slaags was. Met sy verhuising uit Jena het Hegel in 1807 die redakteur van ’n koerant in Bamberg geword. In 1816 het Hegel uiteindelik sy akademiese doelwit bereik toe hy as professor in die filosofie aan die Universiteit van Heidelberg aangestel is. Hier het sy “Ensiklopedie” (1817), ’n samevatting van sy filosofie vir sy studente, verskyn.[10] In 1818 het hy die uitnodiging aanvaar om die prestigeryke leerstoel in die filosofie aan die Universiteit van Berlyn te beklee, ’n betrekking wat voorheen deur Fichte beklee is. Hy is op 16 November in die Dorotheenstadt-begraafplaas langs Fichte begrawe.[12]

VAN TÜBINGEN NA FRANKFURT
Hegel se ideëhistoriese rekonstruksie van moderne refleksiewe denke
Liefde as ’n gekwalifiseerde kritiek van refleksiewe denke
Liefde as antwoord op die refleksiewe rede gekwalifiseer
Slotsom
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call