Abstract

In 'n vorige artikel is daarop gewys dat die voorgenome beskerming van inheemse kennis ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing 'n groot impak op openbaredomein-gebaseerde kennis sal hê. In daaropvolgende navorsing is aangetoon dat die effek van die addisionele sui generis-beskerming van inheemse kennis 'n onoorsigtelike spektrum van openbaredomein-gebaseerde kennis affekteer en dat inheemse groeppersone eiendomsregte staan te verwerf, wat 'n groot spektrum van openbaredomein-gebaseerde kennis privatiseer. Ten einde die effek van die inwerkingtreding van die betrokke wetgewing op die beskerming van spirituele kennis van inheemse gemeenskappe te bepaal, moet op die verband tussen inheemsekennisbeskerming en ubuntu-georiënteerde spirituele kennis gewys word, asook die effek daarvan op inheemsekennisbeskerming as 'n kategorie van die beskerming van kulturele kennis. Hoewel die verband wat ubuntu-spiritualiteit met inheemse kennis handhaaf, nie spesifiek in die betrokke wetgewing aangedui word nie, is dit implisiet ingesluit by die omvattende omskrywing van inheemse kennis in die IK-Wet, 2019. Die Wet definieer "inheemse kennis" as kennis wat binne 'n inheemse gemeenskap ontwikkel is, welke kennis in die kulturele of sosiale identiteit van sodanige gemeenskap opgeneem is, en sluit die volgende in: (a) kennis van funksionele aard; (b) kennis van natuurlike hulpbronne; en (c) inheemse kultuuruitdrukkings (artikel 1). "Kulturele en sosiale identiteit" word vervolgens beskryf as die spesifieke onderskeidende identiteit of eienskappe ("characteristics") van 'n bepaalde groep, of van 'n individu vir sover sodanige individu deur sy/haar lidmaatskap van 'n bepaalde groep of kultuur beïnvloed is (artikel 1). Ingevolge die vereistes ter beskerming van inheemse kennis ingevolge artikel 11, word spirituele kennis wat met ubuntu geassosieer word, by inheemse kennis ingesluit, synde (a) kennis wat binne inheemse gemeenskappe van geslag tot geslag oorgedra is; (b) binne inheemse gemeenskappe ontwikkel is; en (c) met die kulturele en sosiale identiteit van sodanige inheemse gemeenskappe geïdentifiseer word (artikel 11). Teen dié agtergrond word twee vrae in hierdie artikel vir bespreking uitgesonder: (a) Wat is die implikasies van die insluiting van ubuntu-gebaseerde spiritualiteit by die intellektuele goedere wat in die nuwe wetgewing ter beskerming van inheemse kennis uitgesonder word?, en (b) in welke mate is dié inheemseregbeskerming belyn met die bestaande normkomplekse ter regulering van intellek-tuele goederegte?

Highlights

  • : indigenous spiritual knowledge, Intellectual Property Laws Amendment Act 28 of 2013, intellectual property rights, National Heritage Resources Act 25 of 1999, Protection, Promotion, Development and Management of Indigenous Knowledge Act 6 of 2019, public domain

  • Ten einde die effek van die inwerkingtreding van die betrokke wetgewing op die beskerming van spirituele kennis van inheemse gemeenskappe te bepaal, moet op die verband tussen inheemsekennisbeskerming en ubuntu-georiënteerde spirituele kennis gewys word, asook die effek daarvan op inheemsekennisbeskerming as ’n kategorie van die beskerming van kulturele kennis

  • Teen dié agtergrond word twee vrae in hierdie artikel vir bespreking uitgesonder: (a) Wat is die implikasies van die insluiting van ubuntu-gebaseerde spiritualiteit by die intellektuele goedere wat in die nuwe wetgewing ter beskerming van inheemse kennis uitgesonder word?, en (b) in welke mate is dié inheemseregbeskerming belyn met die bestaande normkomplekse ter regulering van intellek­ tuele goederegte?

Read more

Summary

INLEIDING

Die Suid-Afrikaanse Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, Wet 25 van 1999, het die weg gebaan vir die insluiting van spirituele kennis by die inheemse erfenishulpbronne wat beskermenswaardig geag word (artikel 3(1)). Hoewel die verband wat ubuntu-spiritualiteit met inheemse kennis handhaaf, nie spesifiek in die betrokke wetgewing aangedui word nie, is dit implisiet ingesluit by die omvattende omskrywing van inheemse kennis in die IK-Wet, 2019. Ingevolge die vereistes ter beskerming van inheemse kennis ingevolge artikel 11, word spirituele kennis wat met ubuntu geassosieer word, by inheemse kennis ingesluit, synde (a) kennis wat binne inheemse gemeenskappe van geslag tot geslag oorgedra is; (b) binne inheemse gemeenskappe ontwikkel is; en (c) met die kulturele en sosiale identiteit van sodanige inheemse gemeenskappe geïdentifiseer word (artikel 11). Teen dié agtergrond word twee vrae in hierdie artikel vir bespreking uitgesonder: (a) Wat is die implikasies van die insluiting van ubuntu-gebaseerde spiritualiteit by die intellektuele goedere wat in die nuwe wetgewing ter beskerming van inheemse kennis uitgesonder word?, en (b) in welke mate is dié inheemseregbeskerming belyn met die bestaande normkomplekse ter regulering van intellektuele goederegte?. KULTURELE IDENTITEITSHANDHAWING EN DIE BESKERMING VAN TRADISIONELE AFRIKA-SPIRITUELE KENNIS

Kulturele identiteit en die beskerming van inheemse kennis
Ubuntu as etno-spirituele kennis
Die trefwydte van ubuntu-gebaseerde etno-nasionale spirituele kennis
Etno-nasionale privatisering van kennis in die openbare domein
Findings
SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call