Abstract

Young readers’ identification with characters: the theory and practice of creative writing It is generally acknowledged that reader identification with characters contributes to readers’ involvement in the text and the subsequent pleasure derived from reading stories. It seems that establishing a relationship with the implied reader of the text comes naturally for successful authors. There is, however, a lack of coherent theory on reader identification with characters which can be used in the teaching of creative writing. This article combines insights gained from various disciplines in order to develop a coherent theory of the phenomenon of reader identification. Of special interest are the results of reader-response research regarding the relation between individuals’ development phase and identification with characters. Some of the possibilities which the writer can utilise to establish a relationship with the reader and influence the nature of reader identification with characters are the choice of characters and their depiction in the text, the narrative strategy and the use of viewpoint.

Highlights

  • Die betrokkenheid van die leser by ’n verhaal word allerweë as belangrik beskou, veral ten opsigte van jong lesers

  • In hierdie artikel word verskeie invalshoeke op identifisering behandel en verbande daartussen word gelê om sodoenden bydrae te lewer tot ’n beter begrip van die verskynsel van identifisering – met besondere toepassing op die teorie en praktyk van skryf oor die algemeen en kinder- en jeugliteratuur in die besonder

  • Volgens Harding (1977:58-72) behels die lees van fiksie twee verwante prosesse wat met dié van toeskouer-wees ooreenstem, naamlik waarneming en evaluering

Read more

Summary

Inleiding

Die betrokkenheid van die leser by ’n verhaal word allerweë as belangrik beskou. Dit is egter veral wanneer jong lesers ter sprake is, dat leserbetrokkenheidn primêre verwagting is waaraan die verhaal, en dus die skrywer, moet voldoen. In hierdie artikel word verskeie invalshoeke op identifisering behandel en verbande daartussen word gelê om sodoenden bydrae te lewer tot ’n beter begrip van die verskynsel van identifisering – met besondere toepassing op die teorie en praktyk van skryf oor die algemeen en kinder- en jeugliteratuur in die besonder. Dit behoort egter moontlik te wees om deur die bestudering van teoretiese insigte oor identifisering totn beter begrip te kan kom van die aard van leseridentifisering met karakters en hoe dit skryfmatig toegepas kan word. Die doel van hierdie artikel is om die verskillende teoretiese aspekte sodanig met mekaar in verband te bring, sodat dit kan bydra tot insig in identifisering met die oog op die ontwikkeling van die skryfkunsteorie en toepassingsmoontlikhede in die skryfpraktyk. Die verworwe insigte word met beginsels uit die literêre teorie en skryfteoretiese beginsels gekombineer en op die keuse, skep en voorstelling van karakters van toepassing gemaak

Konseptuele raamwerk
Die funksie en werking van literatuur en die effek van identifisering
Identifisering met karakters – aan- of ontmoediging?
Die keuse van karakters – ooreenkomste tussen leser en karakter
Perspektief
Verteltegnieke
Ten slotte
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call