Abstract

Aangesien 'n aanleerderwoordeboek vir sowel dekodering as enkodering gebruik word, moet dit baie meer grammatiese inligting (eksplisiet aangedui) as standaardwoordeboeke bevat. Gevolglik moet daar byvoorbeeld ten opsigte van adjektiewe aandag geskenk word aan: 'n aanduiding of adjektiewe verbuig moet word of nie, trappe van vergelyking, 'n volledige identifikasie van adjektiewe, 'n aanduiding of adjektiewe net attributief of net predikatief kan optree, die verskillende wyses waarop <i>so</i> en <i>sulke</i> gebruik word, die feit dat nie alle "voltooide deelwoorde" uit lydende vorme met <i>wees</i> gevorm kan word nie, die voorsiening van 'n spellys met die name van mense, lande, plekke, volkere, stamme, tale, asook afleidings daarvan, kruisverwysings tussen selfstandige naamwoorde/werkwoorde en hul adjektiwiese korrelate indien daar groot verskille tussen hulle is, en die aandui van adjektiefkomplemente. Die waarde van valensieteorie by die bepaling van adjektiefkomplemente word ondersoek en daar word gewys op die belangrikheid van 'n onderskeid tussen verpligte en perifere komplemente vir sowel aanleerders as onderwysers. Die linguistiese kategorieë wat in Afrikaans as adjektiefkomplemente kan optree, word voorlopig aangedui, maar daar word op gewys dat verdere navorsing oor hierdie aspek nodig is.

Highlights

  • Grammatical Information with Regard to Adjectives in Leamer's Dictionaries

  • Opsomming: Aangesien 'n aanleerderwoordeboek vir sowel dekodering as enkodering gebruik word, moet dit baie meer grammatiese ~ligting as standaardwoordeboeke bevat

  • Grammatiese inligting in woordeboeke sluit sowel sintaktiese as morfologiese inligting in

Read more

Summary

Kriteria ten opsigte van die aanduiding van adjektiewe

Afrikaanse woordeboeke en Bosman e.a. se Tweetalige Woordeboek/Bilingual Dictionary dui adjektiewe as sodanig aan, maar genoegsame inligting word nie aan aanleerders verskaf om hulle in staat te stel om adjektiewe korrek (d.w.s. vir enkodering) te gebruik nie. -e gebruik kan word, behoort ook dit eksplisiet aangedui te word. Die trappe van vergelyking van die betrokke adjektief behoort aangedui te word. Indien die trappe van vergelyking op beide morfologiese en leksikale wyses gevorm kan word, behoort dit ook so aangedui te word. Sulke adjektiewe hoef nie vir die optredes gemerk te word nie, maar daar is ook ander adjektiewe wat beperk is in hul optrede deurdat hulle Of net attributief 6f net predikatief gebruik kan word. Adjektiewe wat net attributief of net predikatief optree, kan deur middel van kodes as sodanig geIdentifiseer word. Dit is verder ook noodsaaklik dat 'n spellys met die name van mense, lande, plekke, volkere, stamme, tale, asook afleidings daarvan, voorsien behoort te word, aangesien die spelling van die basisvorm en afleiding dikwels baie verskil.

Kriteria met betrekking tot adjektiefkomplemente
Linguistiese kategoriee wat as adjektiefkomplemente kan oprree
Slotwoord
Woordeboeke
Ander bronne

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.