Abstract

Die doel van die literatuurstudie was eerstens om vas te stel watter faktore huishoudelike en individuele kledinguitgawes beïnvloed. Om die teorie en begrip in hierdie verband uit te bou, is daar tweedens vasgestel hoe dié faktore huishoudelike en individuele kledinguitgawes beïnvloed soos blyk uit beskikbare buitelandse navorsingsartikels. Derdens is die buitelandse navorsingsbevindings met dié van die mees onlangse opname oor huishoudelike uitgawes aan klerasie en skoeisel in Suid-Afrika vergelyk ten einde die toepaslikheid van die betrokke studie te verbreed. Die vernaamste perspektiewe met betrekking tot die keuse van onafhanklike veranderlikes word gestel en die onafhanklike veranderlikes word sinvol gegroepeer in 'n verwysingsraamwerk van faktore wat aandag verdien wanneer kledinguitgawes bestudeer word. Die faktore sluit die volgende in: inkomste, gesinsamestelling, -grootte en -lewensiklus, sosiale klas, bevolkingsgroep en woonplek. Die vernaamste perspektiewe oor spesifikasies met betrekking tot die onafhanklike veranderlikes word ook bespreek. Wat die oorsese navorsing betref, is daar spesifieke patrone of neigings te bespeur in die wyse waarop al die faktore, behalwe bevolkingsgroep, kledinguitgawes beïnvloed. Uit die Suid-Afrikaanse opname van huishoudelike uitgawes aan klerasie en skoeisel blyk dit dat soortgelyke patrone te bespeur is, met dié uitsondering dat wat bevolkingsgroep betref, daar ook 'n spesifieke patroon na vore kom. Dié navorsing kan van waarde wees vir v e r b r u i k e r s t u d i e - e n g e s i n s h u l p b r o n b e s t u u r s p e s i a l i s t e , klerevervaardigers en -kleinhandelaars asook vir beleidmakers wat by die vasstelling van geskikte bedrae vir die onderhoud van kinders betrokke is.

Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.