Abstract

Merkbare veranderinge in die lewenstyl van die swart bevolkingsgroepe in Suid-Afrika is die afgelope vier dekades waargeneem. Voedselpraktyke as deel van lewenstyl het gevolglik ook verander. Onlangse publikasies waarin hierdie veranderinge gerapporteer word, benadruk die voedingen gesondheidsrisiko’s wat hierdie veranderinge tot gevolg het, en betreklik min aandag word gegee aan die veranderende voedselpraktyke wat daarmee gepaard gaan. Gevolglik is daar beperkte inligting oor die voedselpraktyke van die verskillende etniese groepe in Suid-Afrika bekend, aangesien die klem grootliks geplaas word op wat geeet word. Ten einde sinvolle voeding-onderrig en -intervensies te kan deurvoer behoort daar ook insig en begrip te wees vir waarom mense eet wat hulle eet.

Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call