Abstract

Die doel van hierdie navorsing was om ondersoek in te stel na die entrepreneuriese leierskapstyl van skoolhoofde in skole wat blootgestel is aan sowel goeie as swak maatskaplik-ekonomiese omstandighede. Verskeie organisasies is gestig om te voorsien in die behoefte van onderwys aan almal. Tog sukkel skole in swakker maatskaplik-ekonomiese omgewings dikwels om te funksioneer weens 'n gebrek aan infrastruktuur en hulpmiddels. Voorts speel die kwintielin-deling van skole 'n rol wanneer finansies ter sprake kom. Skoolhoofde van skole wat blootgestel is aan swak maatskaplik-ekonomiese omstandighede moet dikwels kreatief en innoverend dink om voldoende fondse in te samel om te kan oorleef. Om die navorsingsvraag "Watter rol speel die skoolhoof se entrepreneuriese leierskapstyl in goeie en swak maatskaplik-ekonomiese omstandighede?" te beantwoord, is vier skole in gunstige omgewings in die Wes-Kaap en vier skole onderhewig aan swak maatskaplik-ekonomiese omstandighede in die Noord-Kaap in hierdie kwalitatiewe, fenomenologiese studie gekies. Onderhoude is met agt skoolhoofde gevoer om die rol van die entrepreneuriese leierskapstyl in verskillende maatskaplik-ekonomiese omgewings vas te stel. In die studie is bevind dat die skoolhoofde oor sterk leierseienskappe beskik het en dat hulle die entrepreneuriese leierskapstyl suksesvol gebruik het om hul skole effektief te bestuur. Die outonomie van die skoolhoofde het resultate opgelewer. Voorts het hul motivering daartoe gelei dat hulle die skole effektief bestuur het, ongeag die omstandighede waaronder die skole moet funksioneer.

Highlights

  • In an effort to provide education to all, organisations have been established to support education worldwide

  • To answer the research question “What is the role of the entrepreneurial leadership style of the school principal in good and poor socio-economic circumstances?” a qualitative design, embedded in the interpretivist paradigm, was used in the study

  • A phenomenological study was done in order to experience the daily practices of the school principals, with a focus on their entrepreneurial leadership styles

Read more

Summary

Inleiding

In hierdie gedeelte word die skoolhoofde en hul entrepreneuriese leierskap bespreek. Dit was duidelik dat al die deelnemers oor sterk leierseienskappe beskik het. Die deelnemers in die goeie ekonomiese-maatskaplike omstandighede was dit eens dat die ouers almal hoë verwagtinge vir hul kinders op alle gebiede in die skool gehad het. In hierdie studie was dit opvallend dat die twee manlike deelnemers in die goeie maatskaplik-ekonomiese omgewings hul entrepreneuriese leierskapstyl ingespan het om verandering en verbetering in hul skole teweeg te bring. Die deelnemers van die skole in goeie maatskaplik-ekonomiese omstandighede het saamgestem dat hulle nie bang is om besluite te neem nie, hetsy dit vernuwing of veranderinge teweegbring. Alhoewel Blake en Mestry (2013) noem dat skoolbeheerliggame met fondsinsamelings moet help, was dit nie by een van die vier skole in die swak maatskaplik-ekonomiese omstandighede die geval nie. In hierdie studie was dit duidelik dat die skoolhoofde nie geskroom het om vennootskappe te vorm nie, hetsy vir hoër hoogtes of bloot ter wille van oorlewing

Die probleem wat ondersoek is
Maatskaplik-ekonomiese omstandighede
Die entrepreneuriese leierskapstyl
Navorsingsontwerp en -metode
Studiepopulasie
Betroubaarheidsoorwegings
GEVOLGTREKKING
Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.