Abstract

Urinere skistosomose is ’n siekte wat deur die wurmparasiet Schistosoma haematobium veroorsaak word. Dit kom hoofsaaklik in die sub-tropiese gedeeltes van Limpopo-, Mpumalanga en KwaZulu Natal provinsies voor. Nagenoeg drie miljoen mense waarvan die meeste kinders is, is met hierdie parasiet besmet. Alhoewel daar serologiese toetse beskikbaar is om die besmetting te diagnoseer, word mikroskopiese ondersoeke van die urine vanwee die lae koste daaraan verbonde, oorwegend as diagnostiese metode gebruik. Die moontlikheid van variasie in die voorkoms van eiers in die urine wanneer urine versamel word, kan ongelukkig daartoe lei dat die getal besmette persone in ’n bepaalde gebied vanwee die voorkoms van vals negatiewe resultate onderskat kan word. Hierdie ondersoek het dit ten doel gehad om die voorkoms van sodanige variasie by skistosoombesmette manlike en vroulike individue op verskillende tye van die dag na te gaan met die doel om die graad van variasie wat mag voorkom, vas te stel, sowel as om te bepaal of daar ’n daaglikse piek in die ekskresie van die eiers voorkom wat moontlik op ’n geskikte tyd vir die versameling van urine kan dui. Urine is om 8:30, 10:30, 12:30, 14:30 en 16:30 van manlike en vroulike individue in die 4–9, 10–4 en 15–2 jaar ouderdomsgroepe versamel en mikroskopies vir die teenwoordigheid van eiers ondersoek. Die eiers is hierna getel en in verskillende intensiteitskategoriee ingedeel. Die resultate van hierdie ondersoek het aan die lig gebring dat, ongeag van wanneer die urine versamel is, vals negatiewe resultate in elke groep wat ondersoek is, voorgekom het. Dit is verder bevind dat daar geen defi nitiewe piek in eierekskresie voorgekom het wat hetsy tussen die verskillende ouderdomsgroepe of intensiteitsgroepe ooreengestem het nie.

Highlights

  • There was significant variation in the results when the different age groups in both the male and females were compared, a few constant tendencies were evident

  • In spite of the fact that only schistosome positive individuals were selected for this investigation and that a number of urine samples were collected from each individual over a number of days, false negatives were found at each collection period for all the age groups in both sexes, a phenomenon that was true with regard to the intensity of infection

  • The number of false negatives was significantly lower for the females in the [4,5,6,7,8,9] year age group at the 12:30 collection period.This was true for the females in the [10,11,12,13,14] year age group between 10:30 and 12:30 but no significant results could be found at the remaining groups

Read more

Summary

Kenné de Kock

CORRIE WOLMARANS is medeprofessor in die vakgroep Dierkunde aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus waar hy sedert 1984 werksaam is. EMERITUS PROFESSOR KENNÉ DE KOCK is tans werksaam by die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur van die NoordwesUniversiteit, Potchefstroomkampus. EMERITUS PROFESSOR KENNÉ DE KOCK of the Unit of Environmental Sciences and Management of the North-West University, Potchefstroom Campus was closely associated with the National Freshwater Snail Unit from 1961 until it was disbanded in 1986. His research interests focus on the ecology, geographical distribution and the taxonomy of freshwater molluscs and their role as intermediate hosts of a large variety of helminth parasites in the health of man and animal He is author and co-author of a large number of scientific papers and has for many years lectured in cytogenetics and zoogeography both at the NorthWest University and the University of South Africa (Unisa). Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, Jaargang 29 No 3: September 2010

MATERIAAL EN METODES
Swaar besmet
Tyd van insameling
Findings
Graad van infeksie

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.