Abstract

Dat buitelandse beleid as 'n refleksie van binnelandse beleid beskou kan word, blyk oorvloedig uit gesaghebbende uitsprake betreffende die belangrike verhouding tussen buitelandse en binnelandse aangeleenthede. Buitelandse beleid word nie in 'n vakuum geformuleer en uitgevoer nie, maar ontstaan uit, groei en word gevoed deur binnelandse beleid. Daarom kan gestel word dat buitelandse beleid eintlik 'n neweproduk van binnelandse beleid is. Buitelandse beleidmakers moet derhalwe 'n omvattende begrip van hul eie binnelandse omstandighede en beleid hê alvorens 'n buitelandse beleid geformuleer en aanvaar word. Buitelandse beleid is daarop gemik om binnelandse en internasionale doelstellings te bereik en behels gewoonlik 'n uitgebreide reeks stappe waarin binnelandse politiek en faktore 'n belangrike rol speel. Om hierdie rede kan gestel word dat buitelandse beleid bepaal en verfyn word wanneer binnelandse en internasionale rolspelers en groepe saamwerk. Buitelandse beleid is selde suksesvol as dit nie eers tuis aanvaar word nie en in hierdie verband word daar dikwels verwys na 'n tuisgemaakte buitelandse beleid ("a home-grown foreign policy"). In die digitale era vervaag die grens tussen buitelandse en binnelandse aangeleenthede bowendien ook al hoe meer. Met die massiewe aanwending van al die moontlikhede wat hedendaagse digitale tegnologie bied, maak omgewingsbewustes byvoorbeeld wêreldwyd hul stemme dik om besluite op internasionale vlak te beïnvloed en verandering teweeg te bring. Baie van hierdie aktivistiese slagspreuke het nou ook al deel van die terminologie van internasionale verhoudings geword. Nietemin: om 'n land se buitelandse beleid te begryp, moet die binnelandse omstandighede en beleid eers ontleed en verstaan word. 'n Sprekende voorbeeld hiervan is die buitelandse beleid wat president Trump ywerig nastreef.

Highlights

  • Riaan EksteenRiaan Eksteen was vir 27 jaar lid van SuidAfrika se Buitelandse Diens

  • The effect of domestic affairs on foreign policy, with specific reference to current events in the United States of America The impact of domestic affairs on foreign policy is becoming increasingly more crucial

  • With its core rooted in domestic affairs foreign policy is justifiably regarded as an extension of domestic policy, in that it expands from domestic interests

Read more

Summary

Riaan Eksteen

Riaan Eksteen was vir 27 jaar lid van SuidAfrika se Buitelandse Diens. Voorts is hy vir 12 jaar ambassadeur en hoof van die Missie by die VN in New York (1976-1981); Namibie (1990-1991); VN Geneve (1992-1995) en Turkye, insluitend Azerbaijan, Kyrgyzstan; Uzbekistan en Turkmenistan. From 1968–1973, he was stationed at the South African Embassy in Washington, DC; subsequently, he was Ambassador and Head of Mission for 12 years at the U.N. New York (1976-1981); Namibia (1990-1991); U.N. Geneva (19921995); and Turkey, including Azerbaijan, Kyrgyzstan, Turkmenistan and Uzbekistan (1995-1997). Geneva (19921995); and Turkey, including Azerbaijan, Kyrgyzstan, Turkmenistan and Uzbekistan (1995-1997) The latter ambassadorial assign­ ment being endorsed by President Nelson Mandela. He is a former Director-General of the South African Broadcasting Corporation. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 59 No 3: September 2019 doi.10.17159/2224-7912/2019/v59n3a6

INLEIDENDE OPMERKINGS
Buitelandse beleid in die huidige tydsgewrig
DIE DIGITALE ERA EN DIE IMPLIKASIES DAARVAN
DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA AS GEVALLESTUDIE
Full Text
Paper version not known

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.