Abstract

The time of the trickster: identity in selected contemporary Afrikaans prose textsThis article focuses on the various ways in which “identity” figures in Afrikaans novels from 1996 to 2006, particularly with reference to the way in which diasporic displacement and death can be connected to the problem of identity. The various options that are identified in the texts are connected by means of the structuralist idea that meaning is produced as “a system of differences with no positive terms”. The figure of the trickster, as it appears in one novel from this time, namely “Niggie” by Ingrid Winterbach, is used as heuristic framework for the study, and as a provisional way understanding the production of the variety of identity options in the novels.

Highlights

  • Hierdie artikel fokus op die verskillende vorme waarin “identiteit” figureer in Afrikaanse romans gepubliseer vanaf 1996 tot 2006, spesifiek soos hierdie vorme verband hou met geografiese verplasing en die dood

  • Die verskillende opsies wat in die romans geïdentifiseer word, word met mekaar in verband gebring met behulp van die strukturalistiese idee dat betekenis geproduseer word in “’n stelsel verskille met geen positiewe terme nie”

  • Die tyd van die triekster: identiteit in enkele hedendaagse Afrikaanse prosatekste der word die figuur van die triekster gebruik, soos dit in een roman uit hierdie tyd verskyn, naamlik “Niggie” deur Ingrid Winterbach, as ’n heuristiese hulpmiddel om die generering van die verskillende opsies te identifiseer en voorwaardelik te verklaar

Read more

Summary

Inleiding

Dit is maklik om met ’n vooraanstaande literatuurkritikus soos Henriette Roos saam te stem wanneer sy in haar oorsig oor die Afrikaanse prosa van 1997 tot 2002 in die derde deel van Perspektief en profiel betoog dat “... die Afrikaanse letterkunde juis inderdaad die identiteitskonsep sentraal gestel het in die afgelope periode van globale onsekerhede en post-koloniale twyfel” (Roos, 1998:59). Dat die idee van identiteit inderdaad vir baie Afrikaanse skrywers en kritici belangrik geword het, spreek vanself as daar na die letterkunde en die kritiek van die afgelope dekade of wat gekyk word, veral as die term in ’n alledaagse of vulgêre sin van die woord begryp word, en dus “on-literêr” benader word. Die polemiek wat meer onlangs ontstaan het oor die wenslikheid en sinvolheid van ’n benadering tot letterkunde wat die klem plaas op die “terapeutiese werking” van tekste, kan ook gelees word as ’n aanduiding dat denke oor die identiteitsbegrip in die een of ander vorm gepaard gaan met ’n bepaalde dringendheid Die onderhawige artikel is ’n poging om ’n bydrae tot hierdie gesprek te lewer, ofskoon daar nie met stelligheid beweer kan word dat die begrip van identiteit wat in die artikel aan bod kom, verband hou met die identiteitsbegrip(pe) wat deur die verskeie deelnemers aan die gesprek gebruik word nie. As dit beteken dat die artikel nie ’n bydrae maak tot die gesprek rondom identiteit as sodanig nie, is die hoop dat dit ’n bydrae maak tot insig in bepaalde aspekte van die hedendaagse Afrikaanse prosa

Niggie se droom as “model”
Merkers van onstabiliteit en identiteitsversteuring
Diaspora en dood
Agaat: verlies van die self en oordrag van identiteitsreg na die “ander”
Die buiteveld: die Afrikaanse triekster

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.