Abstract

Nie baie Suid-Afrikaners waardeer die feit dat Suid-Afrika 'n seemoondheid is nie. Gevolglik is vlootgeskiedenis 'n verwaarloosde onderwerp. Toe die Suid-Afrikaanse regering in 1998 aangekondig het dat - as deel van 'n omvattende wapenpakket - onder meer vier nuwe fregatte vir die Suid-Afrikaanse (SA) Vloot aangekoop gaan word, was daar diegene wat die sinvolheid daarvan bevraagteken het. In hierdie artikel word die rol wat die vier Valour-klas-fregatte in die eerste dekade van hul bestaansgeskiedenis (2004-2014) gespeel het, onder die loep geneem en ontleed. Vrae wat aan die orde gestel word, sluit in: Was die besluit om Duitse Meko A-200-fregatte aan te koop geregverdig en die regte keuse? Was die aankoop van die fregatte dus werklik 'n omstrede besluit? Watter funksies het die skepe die afgelope tien jaar in diens van die SA Vloot vervul? Die rol wat die vier Valour-klas-fregatte tydens vlootoefeninge in Suid-Afrikaanse waters met skepe van ander lande gespeel het, word bespreek, soos ook die besoeke van die SA Vlootfregatte aan Suid-Afrikaanse hawens (as deel van die Vloot se plaaslike openbare skakel- en uitreikaksies). Heelwat aandag word aan die fregatte se rol as grys diplomate gewy; met ander woorde, wanneer hulle op buitelandse vlagvertoonvaarte die land oorsee verteenwoordig ten einde bestaande diplomatieke betrekkinge uit te bou of nuwe bande te help smee - en tegelyk ook aan skeepsmaneuvers oorsee deel te neem. Hulle rol tydens teen-seerowerpatrollies in die Mosambiek-kanaal en in soek-en-reddingsaksies word ook belig. Die artikel dui ten slotte aan dat, alles in ag genome, die SA Vloot se nuwe fregatte (en dus ook hul bemannings) hulle in die jare 2004-2014 besonder goed van hul taak gekwyt het en dat die Vloot dit nie kan bekostig om nie oor fregatte te beskik nie.

Highlights

  • The South African Navy’s so-called controversial new frigates: Their first decade of service, 2004–2014 Not many South Africans appreciate the fact that South Africa is a maritime country

  • In 1998, the South African government decided to approve an arms package for the South African National Defence Force (SANDF) – which included the acquisition of three submarines and four frigates for the SA Navy – many people questioned the need for new weaponry

  • This article focuses on the history of the four “Valour” class frigates that were acquired by the SA Navy as part of the arms deal

Read more

Summary

INLEIDING1

Deur die eeue heen was (en is) die politiek en strategie van seemag van deurslaggewende belang vir lande wat aan oseane grens, en het seemag ook groot invloed op die wêreld se geskiedenis uitgeoefen.[2]. In hierdie artikel word die fokus op die eerste tien jaar (2004–2014) in die geskiedenis van die SA Vloot se vier nuwe Valour-klas-fregatte geplaas. Oorlogskepe behoort te beskik, is dit die doel van hierdie artikel om, onder meer, die aanskaf van die fregatte in historiese perspektief te plaas (kyk onderafdeling 2), te let op die wyse waarop en waarom op die Duitse Meko A-200-skepe besluit is (onderafdeling 3), ’n oorsig te verskaf van die rol wat dié fregatte in die loop van die eerste tien jaar van hulle bestaan in belang van sowel die SA Vloot as die land as geheel gespeel het (onderafdeling 4), en ten slotte hierdie rol te ontleed en te evalueer (onderafdeling 5). Vir die doeleindes van hierdie studie word die periode wat beskryf en ontleed word vanaf 17 September 2004 (toe die laaste van die vier nuwe fregatte in Simonstad aangekom het) tot ongeveer 17 September 2014 (dus tien jaar later) geneem

HISTORIESE AGTERGROND
11 SA Vlootmuseum
NUWE FREGATTE VIR DIE NUWE SUID-AFRIKA
Gesamentlike vlootoefeninge in Suid-Afrikaanse waters28
Grys diplomate
Besoeke aan Suid-Afrikaanse hawens
Die bekamping van seerowery
Ander rolle
SLOTPERSPEKTIEWE

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call

Disclaimer: All third-party content on this website/platform is and will remain the property of their respective owners and is provided on "as is" basis without any warranties, express or implied. Use of third-party content does not indicate any affiliation, sponsorship with or endorsement by them. Any references to third-party content is to identify the corresponding services and shall be considered fair use under The CopyrightLaw.