Abstract

Afrikaans het in sy eerste 90 jaar as amptelike taal van Suid-Afrika van 'n sogenaamde kombuistaal tot 'n volledige onderwys-, wetenskaps- en kultuurtaal ontwikkel. Tog is Afrikaans in die fisiese ruimte waarin sy sprekers hulle bevind, toenemend onder druk en word sy amptelike gebruik weereens bedreig. Vanweë die tegnologiese voortuitgang op die gebied van telekommunikasie en rekenaarnetwerke, die Internet en die Wêreldwye Web het daar in die afgelope 15 jaar 'n digitale ruimte (kuberruimte) ontstaan waarbinne ook Afrikaanssprekendes toenemend leef. Hierdie artikel beskou die posisie van Afrikaans in hierdie digitale ruimte. Onlangse gesaghebbende navorsing deur András Kornai (2013) het aangetoon dat die bestaan van 'n groot, hoëgehalte-, groeiende Wikipedia n noodsaaklike voorwaarde is vir die digitale groeikrag van n taal. In hierdie artikel word die Afrikaanse Wikipedia van nader beskou. Ons toon aan dat dit nog nie omvangryk genoeg is om Afrikaans volledig in die digitale ruimte te vestig nie. Die rol van die Afrikaanse Wikipedia, beide as enorme oop en vrye aanlynensiklopedie en as spilpunt van die Semantiese Web en web-skaal taalhulpbronne en taaltegnologie, word uiteengesit. Praktiese riglyne vir hoe elke Afrikaans-sprekende betrokke kan raak by die ontwikkeling van die Afrikaanse Wikipedia, word kortliks bespreek. Die artikel kom tot die slotsom dat n soort digitale taalbeweging met die ontwikkeling van die Afrikaanse Wikipedia as fokus nodig is om die posisie van Afrikaans in die digitale ruimte te verseker en vol te hou.

Highlights

  • The role of the Afrikaans Wikipedia in the growth of Afrikaans In 2015, Afrikaans celebrated its 90th birthday as an official language of South Africa

  • In its 91st year, Afrikaans is confronted with the #AfrikaansMustFall movement, which has manifested itself in both the physical and digital space

  • We consider digital space as the non-physical space within which we communicate by means of telecommunication and computer networks, the Internet, and the World Wide Web

Read more

Summary

INLEIDING

In 2015 het Afrikaans sy 90ste verjaarsdag as amptelike taal van Suid-Afrika gevier. In hierdie 90 jaar het Afrikaans in ons fisiese wêreld (leefruimte) van sogenaamde kombuis- en huistaal ontwikkel tot volwaardige kansel-, skool-, universiteits-, navorsings-, sport-, kultuur-, regs- en ekonomiese taal. Die afgelope 15 jaar het ons toenemend in die digitale ruimte inbeweeg, en dit is hier waar daar ook opwindende nuwe geleenthede vir Afrikaans is. In die besonder verduidelik ons dan hoedat die Afrikaanse Wikipedian onontbeerlike spilpunt is vir die digitale groeikrag van Afrikaans – meer nog, dat sondern groot, goeie en groeiende Wikipedia, Afrikaans en ook enige taal tot digitale sterfte gedoem is. Ons beklemtoon aan die hand van die baanbrekerswerk van András Kornai (2013) dat die bestaan vann groot, goeie en groeiende Wikipedian voorvereiste is vir die voortbestaan vann taal in die digitale ruimte. Afdeling 5 bevatn kort opsomming van die taalhulpbronne en taaltegnologie wat belangrik is vir die groeikrag vann taal in die digitale ruimte, en beskou die posisie van Afrikaans in hierdie verband. In Afdeling 7 beskou ons die Afrikaanse Wikipedia van naderby,verskaf bondige riglyne oor hoe om betrokke te raak byn “digitale taalbeweging”, en sluit af metn samevatting van die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans in die digitale ruimte

TAALUITBOU IN DIE FISIESE RUIMTE
Aansien
TAALUITBOU IN DIE DIGITALE RUIMTE
DIGITALE TAALHULPBRONNE EN TAALTEGNOLOGIE
Wikipedia as ensiklopedie
Findings
Wikipedia as spilpunt vir die Semantiese Web en taaltegnologie
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call