Abstract

The prophets in recent Old Testament scholarship: trends and prospectsIn this contribution various themes in recent Old Testament prophetic studies are discussed. These include: the title "prophet", the prophets in a sociological-anthro­pological perspective; the prophets and Israel’s religious history, historical and canonical prophecy, and the relationship between the ancient Near Eastern and the Israelite phenomenon of prophecy.

Highlights

  • Na meer as ’n eeu sedert die eintlike aanvang van die moderne wetenskaplike studie van die profete en die enorme hoeveelheid publikasies^ wat op die gebied verskyn bet, is daar rede om te glo: nou weet ons min of meer wat ’n profeet is, wat sy rol was ten opsigte van die gemeenskap waarin hy opgetree het en hoe sy profetiese nalatenskap verstaan meet word

  • As Fohrer in die vroeg-sestiger jare in sy terugskoue op die ontwikkeling in die vyftiger jare die volgende te sê gehad het: " it is possible to view prophecy in a clearer and more comprehensive light than ever before"^, dan behoort ons dertig jaar later met al die nuwe metodes, meer argeologiese en godsdienshistoriese data tot ons beskikking des te meer optimisties te wees om ’n antwoord op die vrae te gee

  • Hierdie Joodse oordeel oor die profete kom duidelik tot uitdrukking in die openingsparagraaf van Pirke ’Abot; "Moses received the Torah from Sinai and delivered it to Joshua; Joshua delivered it to the elders, die elders to the prophets, and the prophets delivered it to the men of the great Assembly”

Read more

Summary

PROFESIE EN GODSDIENSHISTORIE

Samelopend met tendense in die nuwere profetiese navorsing wat na die profetiese fenom een vanuit ’n sosiologiese gesigshoek kyk, was daar in die afgelope jare ook veel en interessante beweging op die gebied van godsdiensgeskiedenis van Israel. Dit beteken voorts dat daar in die iig hiervan veral ’n herwaardering gemaak sal moet word met betrekking tot (i) die herkoms van die Jahwisme, met ander woorde watter faktore (religieus, polities, ens) daartoe aanleiding gegee het dat Jahwe tot "der hochste Gott" (Niehr) in beide die ryke van Israel en Juda geraak het; hoe hierdie ontwikkeling religieus-histories voorgestel moet word en uit watter tyd dit dateer? D at hierdie aspek nog ver van ’n konsensus is, kan duidelik gesien word in die maksimalistiese en minimalistiese benaderings van onderskeidelik De Moor en Smith, (iii) In die nuwe religie-geskiedenisse word daar ook baie meer gemaak van die verskillende vlakke w aarop die religieuse belewing in Israel tot uitdrukking gekom het en die onderskeide wat daar tussen die verskillende vlakke bestaan het ten opsigte van uitdrukkingsvorme. Dat die studie daarom ’n beiangrike bykomstige (of laat mens liewer sê: ’n eiesoortige en unieke) en welkome bron sal wees vir die nuwe geslag godsdienshistorici, is sonder twyfel

HISTORIESE EN KANONIESE PROFESIE
ISRAELITIESE PROFESIE
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call