Abstract

The Pan South African Language Board and the regulation of language visibility in South Africa—an analysis of language rights complaints. The regulation of language visibility on public signs, i.e. of the linguistic landscape, comprises an important aspect of language policy in multilingual societies. If it is argued that the language clause of the South African Constitution envisages a multilingual landscape, concrete language policy guidelines regarding such language visibility are indispensable. Due to the acute shortage of such guidelines, Pansalb's findings on complaints about language visibility could play an important role in addressing this shortcoming. The Board is mandated to provide advice, specifically on language policy. Pansalb's own language policy guidelines also lack provisions on the linguistic landscape. The Board's gazetted findings concerning language rights complaints thus constitute an important source for studying language policy. This article provides an analysis of complaints regarding language visibility on which the Board made important findings between 1997 and 2006. The analysis is conducted against the background of theoretical insights pertaining to the linguistic landscape as a field of enquiry within sociolinguistics. Deductions are based on policy principles that could contribute towards overt policy regarding the treatment of language visibility on public signs in South Africa. Opsomming Die regulering van taalsigbaarheid by openbare tekens, met ander woorde van die linguistiese landskap, vorm ‘n belangrike aspek van taalbeleid in meertalige samelewings. Indien geredeneer word dat die taalklousule van die Suid-Afrikaanse Grondwet ‘n meertalige linguistiese landskap in die vooruitsig stel, soos sommige Suid-Afrikaanse geleerdes inderdaad doen, is konkrete taalbeleidsriglyne vir die hantering van taalsigbaarheid by openbare tekens onontbeerlik. Gesien die huidige nypende tekort aan sodanige riglyne, kan die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) se bevindinge oor taalklagtes wat met taalsigbaarheid verband hou ‘n belangrike leemte vul. Pansat se wetlike mandaat maak juis voorsiening dat die instansie advies oor taalbeleidsaangeleenthede kan gee. Die instansie se eie taalbeleidsriglyne bevat ook nie bepalings oor die linguistiese landskap nie. Pansat se Staatskoerant-gepubliseerde bevindinge oor taalregteklagtes vorm dus ‘n belangrike bron van ondersoek na taalbeleid. In hierdie artikel word ‘n analise gemaak van ‘n stel taalregteklagtes waaroor die instansie tussen 1997 en 2006 belangrike bevindinge oor taalsigbaarheid gemaak het. Die analise word gemaak teen die agtergrond van teoretiese insigte in die linguistiese landskap as ondersoekterrein binne die sosiolinguistiek. Op grond van hierdie analise word dan beleidsbeginsels afgelei wat kan bydra tot die daarstel van overte beleid vir die hantering van taalsigbaarheid op openbare tekens in Suid-Afrika.

Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call