Abstract

Die vertrekpunt van vaktaalontwikkeling is die konsepte onderliggend aan 'n bepaalde vakgebied. Unieke, veeltematiese vaktaalprodukte word benodig vir bepaalde teikengebruikersgroepe met spesifieke belange by bepaalde vakgebiede en tale. Vaktaalontwikkeling in Suid-Afrika geskied binne die konteks van die taalbeleid van die regering. Ten spyte van magtigende wetgewing, en ook die nasionale Grondwet, wat die talebestel beskerm en die bevordering van die amptelike tale behoort te bevorder, is dit vir die ander amptelike tale uiters moeilik om aan die hegemonie van Engels te ontkom. Primêre termskepping geskied in Engels, en termekwivalente word deur sekondêre termskepping in Afrikaans en die Afrikatale bygevoeg. Ondanks die bestaan van verskeie koördinerende vaktaalliggame, was en is daar steeds duplisering van vaktaalprojekte. Die mandaat van die nasionale terminologiekantoor verskil van dié van sy voorgangers, en die kantoor gee slegs aandag aan staatsprojekte. Daarbenewens dokumenteer verskeie taalkantore, sentra, uitgewers en individue terminologie, en is fondse deur die Departement van Hoër Onderwys bewillig om 'n veeltalige oop termbank vir hoër onderwys te vestig, aangesien vaktaalontwikkeling vir sowel taal- as vakgerigte departemente by tersiêre instansies belangrik is. n Verskeidenheid van datavasleggingsprogrammatuur word gebruik, en indien hierdie programmatuur versoenbaar is, kan data maklik uitgeruil en gedissemineer word. Data behoort gedigitaliseer en oop te wees vir vrye toegang en algemene gebruik. Indiens- en tersiêre opleiding in die teoretiese en praktiese begronding van terminologie/ terminografie is noodsaaklik. Die kundigheid van akademici, vakkundiges en taalpraktisyns (ook afgetredenes) behoort by vaktaalontwikkeling benut te word om meertalige en veeltematiese terminologie te ontwikkel. Hierdie medewerkers behoort vir hul werk vergoed te word. Sonder vaktaal kan daar nie sprake wees van behoorlike vakkommunikasie nie.

Highlights

  • The development of Afrikaans technical language: Past, present and future Terminology development is an interdisciplinary activity that takes as its point of departure the concepts related to a certain subject area

  • Terminology development occurs in the framework of the language policy of the government of a country

  • South Africa has excellent legislation aimed at safeguarding the official languages and developing them into fully functional languages

Read more

Summary

WAT IS VAKTAAL?

Vaktaal vorm die basis van spesialiskommunikasie, want die terminologie van verskillende vakgebiede is daarin vervat. Vaktaal fasiliteer die skep, ontsluiting en verspreiding van kennis en inligting, want terminologie is die medium waardeur inligting versprei en kennis oorgedra word (Alberts 1983:3; Alberts 1998; Alberts 1999:18-35; Alberts 2003:128). Terminologie is dus noodsaaklik vir sinvolle kommunikasie tussen vakspesialiste onderling, maar ook tussen vakspesialiste en leke, vir wie die betrokke terminologie toeganklik gemaak moet word. Verder moet mense van verskillende nasionaliteite en taalgroepe in staat wees om sinvol oorn wye vakgerigte spektrum te kommunikeer. Dit is gevolglik noodsaaklik om terminologie opn sistematiese wyse te dokumenteer, te standaardiseer en te versprei om eenduidige kommunikasie tussen die verskillende gebruikersgroepe moontlik te maak (Alberts 2003:128)

Vaktaalontwikkeling
Vaktaalskeppers en -gebruikers
VAKTAALONTWIKKELING
Terminologiekoördineringsafdeling
Ander taalkantore
Akademie
Individue
Sentrum vir Politieke en Verwante Terme in Suidelike Afrika
Sentrum vir Regsterminologie in Afrikatale
Prolingua
Terminologieopleiding
SAMEVATTING
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call