Abstract

The juridical problem of land ownership in the book of RuthJuridical matters play an important role in the book of Ruth. There appears to be a contradiction between Ruth 1:21 and Ruth 4:3. In the former, Naomi is depicted as a desperately poor (“empty”) widow. In the latter, Naomi is unexpectedly presented as the owner of land. This contradiction can be solved by understanding Naomi’s right in respect of her late husband’s land as a right other than ownership. A study of female ownership of land, the right of a wife to inherit from her husband, analysis of the literary elements in the book of Ruth, the rural backdrop, the theme of survival and the vocabulary in the narrative, lead to the conclusion that we are here dealing with what would today be recognised as a usufruct.

Highlights

  • Juridical matters play an important role in the book of Ruth

  • 1.1 Problematiek “Die juiste hantering van juridiese aangeleenthede in die boek Rut, vorm ’n belangrike tema in die boek

  • Dit dra by tot die spanning en word gebruik in die ontknoping van die plot en intrige” (Loader 1994a:22)

Read more

Summary

INLEIDING

1.1 Problematiek “Die juiste hantering van juridiese aangeleenthede in die boek Rut, vorm ’n belangrike tema in die boek. Rut 4:5 hou in die oorspronklike teks vir Rut voor as mede-eienares van die grond wat Naomi wil verkoop. In Rut 1:21 word Naomi as ’n verarmde weduwee geteken en in Rut 4:3 onverwags[1] as die eienares van grond wat sy teen ’n vergoeding van die hand wil sit. Naomi se krisis wat met die term leeg beskryf word, beteken dat sy terugkeer sonder enige hoop op ’n nageslag. Sy is gestroop van familie en van materiële lewensmiddele.[2] Die aanduiding dat sy grond het om te verkoop in Rut 4:3, kom dus as ’n verrassing. Die oënskynlike teenspraak tussen Rut 1:21 en Rut 4:3 kan moontlik opgeklaar word deur aan te toon dat dit wat Naomi gehad het om te verkoop, op ’n ander reg as eiendomsreg dui. Hierdie hipotese kan gestaaf word deur ’n ontleding van die tema van die verhaal, die agtergrond waarteen die verhaal afspeel en die taalgebruik in die boek

Werkwyse Die volgende aspekte word ondersoek:
DIE OORLEWINGSMOTIEF IN DIE BOEK RUT
VROUE ERFREG IN DIE OU TESTAMENT
DIE VROU AS EIENARES VAN GROND IN DIE OU TESTAMENT
DIE ROL VAN DIE GEWOONTEREG IN DIE OU TESTAMENT
DIE FUNKSIE VAN DIE LITERÊRE ELEMENTE IN DIE BOEK RUT
ENKELE AANSLUITENDE OPMERKINGS EN TEOLOGIE
Full Text
Published version (Free)

Talk to us

Join us for a 30 min session where you can share your feedback and ask us any queries you have

Schedule a call